Dekorstories

1 slaapkamer, 3 maniere

Jou slaapkamer is ’n plek van stilte, waar jy rus en waar jy droom. Rig dit so in dat jy dit kan verander soos die seisoene of jou giere draai … 

Blaai deur ons galery vir 3 verskillende maniere om jou slaapkamer te versier:

STYL: Fantasie

Kleure soos ligblou en saggrys, asook wit vertrekke wat nou weer in is, dra by tot ’n gevoel van rustigheid. Pleks van ’n kopstuk is ’n foto van wolke hier vergroot en soos plakpapier teen die muur geplak. Die oorspronklike foto kan van henkhat@gmail.com bestel word. Jy kan dit dan vergroot na jou smaak – ons het dit na Orms in Kaapstad geneem. As ruimte dit toelaat, kies ’n groot meubelstuk as bedkassie, soos dié metaalkas (soortgelyke kassies in hout by Raw, www.rawstudios.co.za) wat baie pakplek bied. Die sysagte duvet-oortreksel en kussingslope (R999 vir koningin-grootte), grys kombers met satyn-omboorsel (R399) en grys beker (R349) is van Loads of Living. Die bedlampie (R275), yster-teeketel (R450) en koppie (R199) is van Woolworths. Grysblou handgekleurde kussing met vere-vulkussing (R1 095) van Lim, ombré kombers (R795) van Weylandts, mat (R759,99) van Mr Price Home en bed van Tafelberg Meubileerders (pryse op aanvraag).

STYL: Etnies

GEBRUIK ’N MODEKLEUR Marsala is die kleur van nou. Verf ’n kopstuk teen die muur in Plascon se Sienna Canyon R5-C1-2. Teken
die vorm van die kopstuk op ’n oopgevoude koerant, knip dit uit en plak dit teen jou kamermuur. Trek die buitelyn liggies na met ’n potlood. Verf buitelyn noukeurig met ’n plat smal kwas en verf die res met
’n sponsroller. Die groot grys linne-kussingslope
(90 x 50 cm, R695 vir 2)
is van Weylandts en die beddegoed-stel van gebreide katoen (R1 899 vir koningin-groot duvet- oortreksel en 2 kussing- slope) is van Woolworths se W Collection. Die fluweel- sagte kombers met fraiing- detail (R229) is van @home. Die draad-hangliggies
(R1 273, koperskerm, en R1 102, metaalskerm)
is van Newport en die hangplant van Jomerie Mouton Blomme. Drasak (R1 995) van Weylandts en mandjie (R495) van Loft Living. Bankies is stilis
s’n, maar soortgelykes is te koop by Koöperasie Stories en kelims by Oosterse matwinkels.

STYL: Aards

Die natuur bly die ewige inspireerder. Deur teksture soos linne, vilt en wol te kombineer skep jy ’n ryk atmosfeer. Die linne- kopstuk (R3 895) van Loft Living pas goed by die linne-beddegoed (R1 995, koningin-grootte) van Weylandts. Die bokkie- strooikussings (sowat
R140 elk) is van Tassels & Treasures en die mossteek- kombers (R1 220) van Hertex Fabrics. Die stuk vilt met komberssteek (R595)
is van Nap. Bedtafeltjie
(R1 350) van Bespoke, kaktus-bedlampie (R599), driehoekrakkie (R249) en ogiesdraad-rakkie (R299) teen muur van Typo en mat (R299,99) van Mr Price Home. Ander items is stilis se eie.