30 dae days
Dekorstories

13 redes waarom jy saam met ons moet kom kuier by ons naweek van kos en dekor

Dis ons feesnaweek vol kos- en dekorinspirasie – en ons sien uit om jou te verwelkom!

Nie net deel Karlien van Jaarsveld die dekorverhoog saam met SARIE se dekor-redakteurs Lounette Fourie en Anita Rossouw nie, Bobby én Karlien kook ook saam met Barbara Joubert en Herman Lensing op die kosverhoog!

Hier is nóg 13 redes waarom jy vandag nóg jou kaartjie moet koop!

1. Wenke & truuks vir dekor en selfdoen uit die binnekring.

2.  Die kans vir lekker gesels met die spanne agter jou gunsteling-tydskrifte soos SARIE, SARIE KOS en SARIE WOON.

3. Twee mega-verhoë met dekor- en kosdemonstrasies.

4. ’n Naweek propvol opwindende inspirasie vir vroue, meesterklasse en als, van banting, bouwerk en baie bakkery tussendeur!

5. Skreeusnaakse celebs – Bobby en Karlien van Jaarsveld, Suzelle DIY, Shaleen Surtie-Richards, Marc Lottering, Pete Goffe-Wood en nóg!

6. Sewentien opskiet-winkels.

7. Die kans om fantastiese pryse te wen! (meer as 200 pryse!)

8. ’n Graham Beck-sitkamer met wyn & vonkelwyn.

9. Die grootste en opwindendste makietie nóg vir tydskriflesers in SA, gesamentlik aangebied deur ons voorste vrouetydskrifte.

10. Jou kaartjie kos slegs R150 (R80 vir kinders) en gee jou volle toegang tot twee mega-verhoë, waar elke dag demonstrasies deur kenners en ander opwindende gebeure aangebied word.

11. Jy kan SARIE-redakteur Michélle van Breda en nóg 8 tydskrif-redakteurs persoonlik ontmoet.

12. Twaalf van SA se voorste kos- en dekor-redakteurs deel hul kennis met jou.

13. Dertien kostrokke van onder andere SARIE KOS, Tuis / Home, Move!, True Love en Game.

Dit gaan vet pret wees, superinspirerend en ónmoontlik om mis te loop! Ons kan nie wag om jou daar te sien nie.

Datum: 4 – 6 Maart 2016

Waar: Gallagher-landgoed, Midrand

Jou kaartjie: R150 (R80 vir kinders) vir een sessie (08:30 – 13:00 óf 14:00 – 18:30)

Klik HIER vir ’n skedule van die vermaak!

Kom kuier saam! Kry jou kaartjie nóú! 

30 dae