FOTO: Henk Hattingh

Dekorstories

3 Maniere om mooi te maak met boekrakke

Vervelige boekrakke is iets van die verlede. Gebruik dit eerder om jou mooigoed uit te stal en as ekstra versiering in jou huis!

Hier is 3 maniere met ’n boekrak

1) Maak ’n sitplek

’n Boekrak wat van dennehout-planke gemaak is – die planke is by die meeste ysterwarewinkels te koop – word op sy sykant neergelê vir ekstra sitplek in
jou leefarea, terwyl die rakke steeds sorg vir pakplek. Koop 4 planke: 2 vir die sykante, 1 vir die rugkant, en die laaste plank opgesaag om die rakke te maak.

Die gestreepte kussings (R79,99 elk) is van Mr Price Home en die mat (R1 495) van Coricraft. Die stoel se rug- en sykante is oorgetrek in Baigneuses uit die Camengo-reeks en die binnekant met Brushed Almond (pryse op aanvraag) van
Hertex Fabrics. Ander items is stilis s’n.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

2) Boekrak word (ook) uitstalrak

Dieselfde boekrak (foto bo) word nou ’n lekker uitstalrak of selfs TV-kas. Die
groot metaalbord (R1 495) is van Coricraft en die vase (R495 vir die bottelvormige een en R595 vir die ander) is van Weylandts.

Die rooi-enbruin bêreboksie (R259,99) is van Mr Price Home en die rottangmandjie (R375) van Daisy Floral Art. Die ander items is stilis s’n.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

3) Plak ’n rak vol kleur

Plak mooi papier (soos die Coconut Grove, Campari, R1 800 vir ’n 10 m-rol, van Hertex Fabrics) teen die rugkant van jou rak en stal jou goed hierop uit. So ’n rak is tuis in die kombuis (soos op foto), die slaapkamer (as mini-klerekas), of die badkamer (met pakplek vir handdoeke, toiletware en medisyne). Die grys bakkies op die boonste rak (R49,95 elk), die oorgroot bekers op die middelste rak (R45 elk) en die donkergrys bekers (R35 elk) onder is van Woolworths. Die muurhorlosie (R169) is van @home. Ander items is stilis s’n.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh