FOTO Henk Hatting

FOTO Henk Hatting

Dekorstories

5 dekor-idees vir mans

Neem die man in jou lewe in ag met die beplanning van jou interieur. Kies dit só dat almal harmonieus daarmee kan saamlewe.

1. ’n Diep stoep met netjies ingeboude braaiplek en wasbak is ideaal vir ons Suid- Afrikaanse leefstyl. By die lang tafel kan ure om gekuier word.

Mans1

FOTO Ryno

2. Mans wat hou van kook, sal mal wees oor ’n ingeboude pizza-oond. Dit kan selfs in die plek van ’n kaggel gebruik word om lekker warmte te verskaf. Met ’n deurtjie wat toemaak, kan van pizzas tot brode en skaapboude gebak word.

Mans2

FOTO Ryno

3. As jou man (en/of seuns) kranige branderplankryers is, hoe gemaak met die enorme branderplanke? Akkommodeer dit met doelgemaakte hake teen die muur van ’n leefarea of portaal. Dit vervang ook sommer kunswerke.

Mans3 (1)

FOTO Henk Hattingh

4. Kies ’n tema vir jul slaapkamer wat nie te vroulik is nie. Growwe teksture, leer en ruwe hout  is ’n goeie keuse.

Mans4

FOTO Verskaf deur Sutherlands

5. Daar is niks so luuks soos ’n badkamer vir hom en haar en nie! Die tweeling-stort met pype wat nie versteek is nie, het ’n industriële, manlike voorkoms.

Mans5 (1)

FOTO Ryno

Lees nou

Dekor vir winterwarmte

Speel met geel

Voor die venster