FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Dekorstories

5 dekorplanne met ou jeans

Hou daardie te klein of verflenterde denimbroeke en maak sulke koel dekor-items daarvan.

Blomme en blare van denim

Knip uit oorskiet-denimlappe blomme en blare wat jy op die sykante van jou tafeldoek vaswerk. Knip eenvoudige madeliefie-patrone uit en plaas dit kruis en dwars oormekaar om ’n 3D-effek te kry. Werk stewig vas op die sykant van jou tafeldoek.

sr1108woon (4)

FOTO Ryno

Slim planne vir klein ruimtes

Laat die pype dans

Dié oulike houers is van ’n denimbroek se pype gmaak. Gebruik ’n groot blik of blompot en glip die pyp daaroor. Stik dit smaller as die pyp te groot is. Versier dit met belt-lussies of rol dit om.

sr1108woon (12)

FOTO Ryno

Broek word sak

Maak ’n sak van die lyfgedeelte van jou jeans. Daar’s genoeg sakkies vir dinge soos jou selfoon en lipstiffies en wat nog. Knip die denim 40 cm van bo af gemeet af. Knip die gekurfde kruisnaat reguit en stik weer toe. Stik bodem toe. Maak skouerband van oorblywende denim en stik op synate vas.

sr1108woon (7) copy

FOTO Ryno

Só omskep jy ’n goedkoop skinkbord

Kopstuk en kussings

Torring al die sakke van jou ou jeans af en stik dit op ’n groot genoeg stuk lap vas om oor jou bedkopstuk te pas. Gebruik ’n kramgeweer om die lap aan die bestaande kopstuk vas te kram. Kussing: Knip die oorskietdenim in kleiner oneweredige stukke. Lê dit oormekaar en stik vas tot ’n grootte van jou keuse. Maak ’n kussing hiervan.

sr1108woon (1)

FOTO Ryno

Maak jou eie indigo-kussing

Knip ’n stuk denim tot die verlangde grootte. Teken met snyerskryt (of ’n wit potloodkryt) ’n eenvoudige patroon. Gebruik ’n dun kwas en Jik en verf die patroon na. Laat dit ’n ruk lank lê sodat die patroon kan ontwikkel en herhaal die verfproses as die patroon te dof is. Voltooi kussing na smaak.

Lente8

FOTO Henk Hattingh