Adriaan en Michelle FOTO Verskaf

Dekorstories

5 vrae aan jong entrepeneurs om dop te hou

Adriaan Louw (‘n industriële ontwerper) en sy vrou Michelle (‘n syferkop) het onlangs hul eie aanlyn- meubelwinkel www.popstrukt.com begin. Hul spesialiseer in tydlose, minimalistiese meubels wat bekostigbaar is.

  1. Wat is jul unieke verkoopspunt?

Ons wil goeie ontwerp as medium gebruik en meubels beskikbaar stel wat bekostigbaar is. Omdat ons die middelmanne uitsny kan ons ontwerperstukke van kwaliteit teen lae pryse aanbied.

  1. Wie is jul teikenmark?

Ons meubels is gemik op iemand wat sy eerste woonstel inrig, jong paartjies wat begin meubels bymekaar maak, of mense wat afskaal en in kleiner wooneenhede inbeweeg.

  1. Hoe groot is die reeks?

Op die oomblik het ons 10 produkte in ons reeks, van eetkamertafels en koffietafels tot bedkassies en TV kaste. Ons is voordurend besig met nuwe produkontwikkeling en beplan nog 3 nuwe items binnekort.

  1. Is dit maklik om die meubels self aanmekaar te sit?

Duidelike instruksies word met elke meubelstuk verpak. Dit word gegradeer op ‘n skaal van 1 – 5, so besluit self hoe vaardig jy is. Ons kan ook reël dat ‘n nutsman dit by jou huis aanmekaar kom sit teen ‘n fooi.

  1. Wat beplan jul vorentoe?

Ons hoop om ons tydlose meubelreeks uit te brei (selfs na die oorsese mark) en dit steeks bekostigbaar te hou.

Volg ook Popstrukt op: Facebook (Popstrukt Furniture), Twitter (Popstrukt_com), Instagram (Popstrukt_com) en Pintrest (Popstrukt Furniture).