sarie_coricraft
Dekorstories

Koop SARIE en kry afslag by Coricraft

Voel jy lus vir iets nuuts in jou huis of ‘n verandering in ‘n vertrek? Gee enige kamer ‘n bietjie flair met ‘n nuwe meubelstuk as fokuspunt.

Moenie dié 10% afslag op enige Coricraft-meubels misloop nie, koop SARIE en laat die dekor-inspirasie vloei!

Coricraft is al meer as 20 jaar lank leiers in die mark van gemaklike en luukse meubels.

Besoek jou naaste Coricraft-winkel in Johannesburg, Kaapstad, Pretoria, Bloemfontein, Rustenburg, Nelspruit, Durban of Port Elizabeth.

Terme en voorwaardes

•    Die bewys kan net vir Coricraft-meubels gebruik word
•    Net een bewys per leser word toegelaat
•    Net die oorspronklike bewys sal aanvaar word
•    Die bewys moet in die winkel getoon word tydens aankope
•    Die bewys is nie vir kontant omruilbaar nie
•    Dié aanbod kan nie saam met enige ander promosies of op afslag-items gebruik word nie
•    Die aanbod is geldig tot 1 Augustus 2011
•    Vir algemene navrae, skakel 086 111 4779 of besoek www.coricraft.co.za

Coricraft Koepon

  • Muggie

    Lyk vir my Sarie kom agter hierdie uitgawe vlieg nie juis van die rakke af nie – by my plaaslike Spar, Pick n Pay en Woolworths lê daar nog stapels tydskrifte. Dalk tyd om julle te begin steur aan julle lesers?

  • Karin

    Ek is self nie Amor aanhanger nommer 1 nie, en was ook nie te beindruk met haar as voorbladgesig nie – maar ek raak moeg vir almal se negatiewe kommentaar (kommin) teenoor Sarie. Dit bly ‘n gehalte tydskrif. Ons kan ook nie verwag dat ‘n tydskrif elke liewe mens elke keer tevrede gaan stel met die voorblad nie. Daar gaan nou en dan iemand op die voorblad verskyn waarvan ons nie hou nie. Hoekom het almal wat nou so negatief is oor die spesifieke voorblad nie kommentaar gelewer oor die 99.9% voorbladgesigte waaroor hulle wel mal was nie?