sw201002.tif
Dekorstories

Blik-aspaai

’n Leë blikkie is lankal nie meer iets wat jy sommer weggooi nie. Met ’n tweede lewe word dit ’n lantern, blompot, houer vir eetgerei en vele meer. Week gebruikte blikkies eers in baie warm seepwater om die etikette te laat los kom en laat droog word. Kap ook die skerp snypunte wat die blikoopmaker laat plat.

  1. Bliklanterns
sw201002.tif

FOTO Adriaan Oosthuizen

Vul die blik met water en vries kliphard. Kap gaatjies met n skerp spyker terwyl die blik nog gevries is, anders kap jy dit plat. Verf die buitekant. Maak van n stukkie draad ’n hingsel en buig vas in twee teenoorstaande gaatjies. Plaas n teekersie binne.

  1. Blompotte
blik2

FOTO Ryno

Kies skoon blikke van verskillende groottes en patrone. Spuit die buitekante met ’n sagte roomkleur en plaas wit blomme daarin. Dis mooi genoeg vir n bruidstafel.

  1. Eetgerei-houers
bliok3

FOTO Ryno

Dek jou eetgerei sό as jy weer informeel onthaal.

  1. Tuin in ’n blik
blik4a (4)

FOTO Ryno

Die prente op sommige blikke, veral olyfblikke, is so mooi dat jy dit nie kan weggooi nie. Kap n paar gate in die bodem vir dreinering. Vul dit met potplantgrond (kwekerye verkoop klein sakkies) en plant kruieplantjies of saailinge hierin. Maak daagliks nat.

  1. Piekniek in ’n blik
blik5

FOTO Ryno

Versier n koekieblik deur n paar mooi prente met Modge Podge (te koop by stokperdjiewinkels) daarop te plak. Verf nog n laag of twee Modge Podge bo-oor die prente. Dit maak die papier waterdig en die blik kan gewas word.

Lees nou

Rog-blikbroodjies met botter

5 bloubloed-stoele om jou soos ’n koning te laat voel

Gee ou plantpotte nuwe lewe

Van houtskywe- en stompe gemaak