Digitorial
Dekorstories

Blom-inspirasie by die Kaapstadse Blommeskou

In die hartjie van die Kaapse blomstreek, by die pas opgeknapte Kasteel die Goeie Hoop, is daar vanjaar ’n fees vir die oog: Die Kaapstadse Blommeskou word van 27 – 30 Oktober by dié 350 jaar oue gebou gehou .

 

Die Kaapstadse Blommeskou wil die lewende erfenis word waardeur die Moederstad sy natuurlike skoonheid kan bevorder. Dié skou wil tuine, tuinmaak, en trends en ontwerpe vir die buitelug met almal deel; en wys dat volhoubaarheid ook mooi kan wees. Boonop wil dit plaaslike kos, kultuur en die gemeenskap vier.

Jy kan uitsien na …

Skoutuine

Ontdek magiese, mooi en inspirerende tuine, ontwerp en geskep deur van die land se top-tuinontwerpers.

MasterFlorist™

Tydens dié splinternuwe blommekompetisie word amateurs, semi-professionele en professionele bloemiste en blomkunstenaars die geleentheid gegee om hul vaardighede en flair te wys.

Blom-teater

Die blom-teater wys vir jou die lieflike wêreld van snyblomme. Dit word in die Bakhuys-kamer in die Kasteel gehou. Alwijn Burger, ons eie Blomboy, is die kurator van dié unieke blomrangskikkings van SA se top-blomkunstenaars en kommersiële bloemiste – in samewerking met die Suid-Afrikaanse Munt.

“Flowers in Art”-uitstalling

Blomkuns word lewend in die “Flowers in Art”-galery. Soos die ander uitstallings vier dit die skoonheid, volhoubaarheid, kultuur en gemeenskap – in samewerking met Epson.

Koop jou eie 

Jy kan ook tydens die skou alles koop vir jou eie inspirasie-tuin: sade, blomme, bome, tuinversierings en bykomstighede.

Kwekery en waterwys uitstalling

Die waterwys uitstalling is al langs die Kasteel se terrasse en deel van die Wêreld-Natuurfonds (WWF) se Journey of Water-veldtog. Jy kan ook van dié watervriendelike plante koop.

Kos- en drank-tuin

Tussen die groentetuine kan besoekers artisan-kos probeer en koop; asook craft-bier, vonkelwyn, wyn, gaskoeldranke, tee en koffie drink.

Praatjies en demonstrasies

Dié blommeskou gee jou die geleentheid om jou kennis uit te brei met ’n verskeidenheid werksessies. Onderwerpe sluit in hoe om jou eie vertikale tuin te maak, tot “boerdery” in die stad, perma-kultuur en hoe om op ’n watervriendelike manier tuin te maak. Kinders kan die Saterdag en Sondag aan die Biomimicry-werksessies deelneem.

High tea-praatjies

In die Lady Anne Barnard-kamer kan jy ook van SA se tuinkenners en kos-celebs ontmoet. Sprekers sluit in David Davidson, Justine Drake, Keith Kirsten, Jan Blok, Tanya Visser en ook die tuiniers van die skoutuine. Kaartjies hiervoor is R500 en kan ook deur Computicket gekoop word.

Besoek hul Facebook-blad vir meer inligting: Cape Town Flower Show Facebook Event Page

Kaartjies

Volwassenes: R150 op Computicket, R180 by die deur
10 – 17 jaar: R75 op Computicket, R90 by die deur
Kinders onder 10 jaar: gratis

Datums en tye

Donderdag 27 Oktober – Saterdag 29 Oktober: 10:00 – 21:00
Sondag, 30 Oktober: 10:00 – 17:00

Volg die Kaapstadse Blommeskou ook by:

www.capetownflowershow.co.za 
Instagram

instagram