stoel4a
Dekorstories

5 bloubloed-stoele om jou soos ’n koning te laat voel

Deur die eeue het koningshuise die pas aangegee vir nuwe bewegings op talle fronte, ook in mode en dekor.

So was die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, met die Kate-effek die inspirasie agter die elegante “Kate”-stoel.

1. Die Kate-stoel

Sagte fluweel en die fyn goue pote van dié ikoniese stoel herinner aan Kate se sterk, onopgesmukte persoonlikheid, maar ook haar vroulikheid.

2. Lodewyk VX-stoel

Tydens die goue era (1710 – 1774) word vroue aan die Franse hof meer invloedryk. Die kurwes van stoele word ronder en houtrame word in sagte kleure geverf, of verguld.

Stoel2

FOTO Houzz

3. Die Lodewyk-spookstoel

Ná al die eeue neem die Franse ontwerper Phillipe Starck in 2002 die basiese Lodewyk-styl onder hande en verhef dit tot ’n minimalistiese, kontemporêre stoel, maar nog steeds met die illusie van die Lodewyk VX ontwerp. Dit word die wêreld se lieflingstoel waarvan miljoene al verkoop is.

4. Die koningin Anne-stoel

Die tradisie van teedrink begin in Brittanje in die vroeë 1700’s tydens koningin Anne se tyd. Kleiner stoele wat maklik kan beweeg, word ontwerp.

 

5. Die Chesterfield-stoel

Die woord Chesterfield kom uit die 1800’s om ’n leerbank of stoel met diep knope te beskryf. Die vierde fraaf van Chesterfield het opdrag gegee aan vakmanne om ’n bank te ontwerp waarop mans gemaklik regop kan sit sonder om hul klere te kreukel.

Stoel5

FOTO eBay

Lees nou

Gee ou plantpotte nuwe lewe

Van houtskywe- en stompe gemaak

Bad, salige bad