Dekorstories

Boor sonder stof

Jy hoef nie die stofsuier uit te sleep en rooi baksteenstof af te skrop nie.

Decorland (in Game-winkels) het hierdie slim plan gemaak.

Die oulike sakkie word oor die merk waar jy wil boor, geplak. Trek dit versigtig oop, en siedaar, al die stof val in hierdie sakkie.

Die sakkies kos R9,95 vir 3 en kan ‘n hele paar keer gebruik word.

www.decorland.co.za