sarie_kreatief_cover_1_
Dekorstories

SARIE kreatief – Bestel joune hier!

Bestel hier jou SARIE Kreatief:

sarie_kreatief_bestelvorm.pdf

Meer oor SARIE Kreatief

Is ons verbaas?

Nie as jy weet van trends en die mensdom se behoefte aan koestering verstaan nie.

Is ons by SARIE geïnspireer?

Wat vra jy nog! Vandaar SARIE kreatief, ons nuwe tydskrif, binnekort op die rak. Met 25 patrone vir modegilets, ’n oorvou-pasjmina en handsak tot moderne truie én iets vir hom en die kleingoed!

16 Mei net by sekere winkels landwyd sáám met sekere eksemplare van die Junie-SARIE (R79,95) te koop.

Sou jy die spesiale aanbod misloop, kan jy SARIE kreatief op sy eie teen R59,95 (posgeld uitgesluit) by Julian Padua bestel. Kontak hom Maandag tot Vrydag van 08:30 tot 16:30 by 021 446 5118; e-pos: wmverkope@media24.com

  • Estella

    Whohaa! Sien uit hierna!

  • Annie

    Julle!! Kan julle nie die Tuis/Kreatief & Kos in EEN tydskrif gesit het nie? Nou is daar net te veel Saries!!!!

  • Chrisna

    Kan julle dalk ‘n aanduiding gee by watter winkels dié tydskrif te koop gaan wees? Kimberley?

  • Marietjie Buys

    Gaan dit te kry wees in Namibia

  • Reinette

    Hoe kan ons wat intekenare is dit in die hande kry, aangesien ons reeds die Sarie het en dit net saam met die Sarie beskikbaar is.
    Reinette

  • Karin

    Ek stem saam met Reinette = gaan dit afsonderlik te koop wees?

  • Gretna Bredenkamp

    Dankie vir julle wonderlike tydskrif. Wr kry ek die gebreide mussie se patroon, soos geadverteer op p. 121 in die Junie-sarie?

  • mattie

    Ek dink julle bemarking laat julle in die steek! Waarom die twee tydskrifte saam verpak? Julle gaan mos baie meer verkoop as dit apart is!

  • Laetitia Swanepoel

    Ek hwet nou net die Sarie Kreatief by die Waterfront CNA gesien, maar het reeds my Sarie per pos ontvang. Dit lyk baie opwindend, maar hoe nou?
    Laetitia

  • Selma Syfert

    Waar kry jy die tydskrif in Vredenburg te koop?

  • SARIE

    @Selma Dit is in die Pick ‘n Pay Family in Vredenburg beskikbaar.

  • SARIE

    @Chrisna, ongelukkig is SARIE Kreatief nie in Kimberley te koop nie, stuur die naaste dorp aan Kimberley en ons laat weet jou of dit daar beskikbaar is.

  • SARIE

    @Marietjie SARIE Kreatief is ongelukkig nie in Namibië te koop nie.

  • SARIE

    @ Gertna kliek op WOON, die partoon lê daar.

  • Tania

    Hi, waar kry ek die SARIE Kreatief in Somerset-Wes/Strand omgewing?

  • SARIE

    @Tania Jy kan dit by Pick ‘n Pay in Somerset-Wes in die hande kry.

  • Martie

    Is die Sarie Kreatief dalk in Pietermaritzburg beskikbaar en waar?

  • Ilse

    Waar kan ek Sarie Kreatief in die Suidelike voorstede van Kaapstad kry?

  • Ilse

    Waar kan ek Sarie Kreatief in die Suidelike voorstede van Kaapstad kry?

  • Lizelda

    Hi, waar kan ek Sarie kreatief in Westonaria koop?

  • Petro Cronjé

    Is die Sarie Kreatief in Klerksdorp te koop ? Indien wel waar?

  • SANNIE VENTER

    LEKKER! Kan nie wag nie, maar waar van die volgende naaste dorpe sal dit beskikbaar wees?
    Vereeniging, Boksburg, Nigel, Heidelberg Gauteng, Springs.

  • Alet

    Waar kry mens Sarie Kreatief in Witbank? Het al amper oral gesoek?

  • Karin

    By watter plek sal dit in Centurion omgewing beskikbaar wees. Het al by verskeie plekke gesoek

  • Esther Greeff

    Waar in Port Elizabeth kan ek die Sarie Brei kry?

  • Hermien

    Waar kry ek die pakket met die nuutste Sarie en Kreatief – ek woon in Pretoria area

  • Alda

    Waar kan ek die boek kry, ek woon in Alberton?

  • Elize

    Ek en my vriendin het ons nou al poegaai gesoek in Pretoria-oos area. Vertel ons tog asb waar ons dit kan kry???

  • Trudie

    Waar kan ek KRETATIEF in Stellenbosch/ Somerset-Wes koop?

  • Lizelda

    En nou Sarie? Se julle nou niks meer nie?

  • SARIE

    @Martie in Pietermaritzburg is die SARIE Kreatief beskikbaar by Pick n Pay Hayfield, Pick n Pay Victoria, Pick n Pay Howick, CNA Midlands, CNA Heyfields en Pick n Pay Liberty Mall

  • SARIE

    @Ilze Jy kan dit by Pick n Pay in Plumstead of Pick n Pay Family in Rondebosch kry

  • SARIE

    @Lizelda in Westonaria is dit by die Pick n Pay beskikbaar

  • SARIE

    @ Petro SARIE Kreatief is by CNA en Pick n Pay te koop in Klerksdorp

  • SARIE

    @ Sannie jy kan in Vereeninging by die Pick n Pay in 3 Riviere kry, of in Boksburg by die Checkers Hyper, of by die CNA in Heidelberg of in Springs by Pick n Pay in Springsgate

  • SARIE

    @Alet dit is by die Pick n Pay family beskikbaar in Witbank

  • SARIE

    @ Karin, CNA in Centurion het SARIE Kreatief

  • SARIE

    @ Trudie SARIE Kreatief is beskikbaar in Stellenbosch by Pick n Pay by Stellenbosch Square

  • SARIE

    @ Alda dit is beskikbaar in Pick n Pay in Alberton

  • SARIE

    @ Esther Dit is te koop by Pick n Pay (Walker Drive) en CNA (Green Acres en Summerstrand) in Port Elizabeth

  • SARIE

    @ Elize en @Hermien In Pretoria kan jy gaan kyk by CNA Menlyn, CNA Kollenade, CNA Irene Mall, CNA Hatfield, Pick n Pay Waterkloof Rand en Pick n Pay Lynnewood Ridge.

  • Reinette

    Kan julle asseblief vir my laat weet waar op Malmesbury dit te koop sal wees

  • Jane

    iIs Sarie Kreatief in Ermelo in Mpumalanga te kry en waar?

  • Joan

    Ek is 500km van die naaste plek waar ek dit miskien sal kan koop!!! Help my hoe kan ek dit in die hande kry???

  • Lizette

    SARIE Kreatief is fantasties!!! Kan nie wag vir die volgende uitgawe nie – hou so aan SARIE!

  • Christine

    Waar kan ons dit in Oos-Londen kry? Kan nie meer wag nie!

  • Lizelda

    Dankie. Het alreeds by Pick & Pay gekek maar dis nie op rak?
    My ma kry dit ook nie by een van die Pick & Pay’s in Witpoortjie, Westgate, Roodepoort omgewing?

  • liefie

    Hello Sarie

    Se asb waar die SARIE KREATIEF te koop sal wees in Durban – Amanzimtoti area – dit is net nerens nie!

    Liefie.

  • Elizabeth Visser

    bly in die noord kaap te Loeriesfontein en al wat ons by ons spar kry is die met die serpie in. Kan ons nie ook daarvan hier kry nie

  • Belia King

    Waar in Kaapstad middestad is dit beskikbaar?

  • Marianne van Schalkwyk

    Waar in Bellville kan ek die spesiale aanbod koop. Het reeds my Junie Sarie gekoop. Hoekom bring julle nou 2 boeke uit, want die Kreatief is nog nie alleen bekikbaar nie, wat beteken dat ek nou 2 Junie uitgawes moet koop?

  • Mathilda

    Nee Sarie, ek is sommer vies. Eers kom Sarie met serpie 2 dae voor Sarie met kreatief uit. Teen daardie
    prys kan ek nie nog 2 Saries ook bekostig nie. Ek ruil Sarie serpie vir Sarie kreatief teen ‘n prys natuurlik
    en voel toe sommer ingedoen, want die dure Sarie kreatief het geen serpie. Die patrone is glad nie watwonders en ek sukkel boonop om by sogenaamde 12 ekstra patrone op sarie .com uit te kom.

  • Esther

    Ek het reeds die Sarie met die serpie gekoop nou moet ek n ander Sarie koop met die kreatief boek in dan sit ek moet twee boeke hoekom nie in al die Sarie Boeke n kreatief ingesit nie

  • Marlene

    Ag nee Sarie – kan net my stem by die koor voeg! Het die hele Pretoria platgery vir Sarie Kreatief, of die spesiale uitgawe waarmee dit sou saamkom (soos-in…. regoor Pretoria!). Uiteindelik maar die Sarie met die serpie gekoop en gewag om die Sarie Kreatief alleen te koop.

    Maar nee, hier lê Sarie toe 4 dae later met die Kreatief daarby, en heelwat duurder!

    Ek moes dit natuurlik hê en sal nou maar die ekstra Sarie vir iemand as geskenk gee, maar voel regtig suur daaroor

  • Marlene

    Sal ook baie bly wees as iemand my kan sê hoe ek by die ekstra 12 patrone uitkom!

  • lizette hayward

    ek sukkel boonop om by sogenaamde 12 ekstra patrone op sarie .com uit te kom.

  • SARIE

    @Reinette Dit is in die Pick ‘n Pay in Malmesbury beskikbaar

  • SARIE

    @Jane, in Ermelo sal jy SARIE Kreatief in die Pick ‘n Pay en CNA vind

  • SARIE

    @Christene Kyk by Pick’n Pay by die Hemmingsway Mall, CNA Vincent Park en Pick ‘n Pay Family, Greensfields

  • SARIE

    @ Lizelda, kyk by die Pick ‘n Pay Ruimsig, Pick ‘n Pay Clearwater, Pick ‘n Pay Fourways Crossing, en Pick ‘n Pay Randpardridge

  • SARIE

    @Liefie, kyk by Pick ‘n Pay Pavilion, CNA South Coast Mall, CNA Umhlanga

  • SARIE

    @Elizabeth, SARIE Kreatief is ongelukkig nie in Loeriesfontein beskikbaar nie, maar watter ander dorpe is naby aan jou?

  • SARIE

    @ Belia, gaan loer by Pick ‘n Pay Gardens of Pick ‘n Pay by die Waterfront

  • SARIE

    @Marianne, kry jou SARIE Kreatief by Checkers in Durbanville

  • SARIE

    @ Lizette en @Marlene Hier is die link na die 12 ekstra patrone: http://www.sarie.com/woon/maak-dit-self/sarie-kreatief-12-ekstra-breipatrone

  • Chrisna

    Nie honderd jaar gelede nie was die Kreatief tydskriffie GRATIS saam met Sarie. Nou moet ons ‘n hele klomp ekstra betaal daarvoor. O ja, dis nou AS dit in jou dorp te kry is!
    Hoekom is dit nie maar net orals beskikbaar nie? As ek kyk na die ander kommentare is dit redelik duidelik dat daar landswyd ‘n behoefte is en nie net by seker winkels nie. Ek dink julle maak meer mense ongelukkig met hierdie aanbod as wat julle harte bly maak!

  • Chantelle Olckers Fourie

    Waar kan ek dit in die hande kry in die Edenvale omgewing? Laat weet asb:)

  • Melanie

    Hallo het gister my Sarie Kreatief gaan koop en vandag uiteindelik tyd gekry om dit te lees. Ek hekel graag. Ek moet eerlik wees en se dat ek eintlik baie teleurgesteld is. Daar is min patrone en dit is eintlik meer gefokus op beginners. Ek kan ongelukkig nie julle 1ste uitgawe aanbeveel nie maar sien uit na julle 2de een en hoop dat julle sal verbeter.

  • Sandra

    Oe ek kon nie wag om die Sarie Kreatief te verslind nie!!!!!!!!!!!! Ongelooflike inspirasie. Ek is ‘n mens wat nie lank met een projek besig kan bly nie. Hierdie tydskrif bied heerlike vinnige en maklike (goed wat ek kan brei voor die TV) patrone. My dogter is 2de jaar op universiteit en mal oor hekel en brei (en moenie glo nie – sy is nie koekerig nie) maar volgens haar is brei die ding die jaar vir oud en jonk. Sy gaan beslis daardie handsak brei- wie sou nou kon dink om met tou te brei. So, Sarie BAIE BAIE geluk met jul tydskrif – jul maak dat ons jongmense ook die kuns wil bemeester deur die maklike en "up-to-date" patrone. As daar net ‘n klomp ingewikkelde kabels en goed is dan verloor ek moed voordat ek begin het. Dankie
    N.S Ons moet dat ons handwerk en kosmaak van die verlede voortbestaan, met die dat naaldwerk en huishoudkunde nie meer verpligtend is op skool nie is dit ons plig om dit aan die lewe te hou.

  • Maryna kruger

    Help where kan ek sari kreatief Koop Bly In Dainfern golf estate naby

    4ways shopping centre groete Maryna kruger"

  • Gerlene

    Genade, dis seker uitgeverkoop ons party plekke. En die wat so kla oor jul ver bly….heelbo hier is ‘n bestelvorm waardeur jy op die net die tydskrif kan BESTEL.

  • Estelle Dannhauser

    waar o waar in die vaaldriehoek????? ek loop my voete plat!!! thanx vir die serp maar ek soek die kreatief boek. ek het eers onlangs leer hekel en kan nie meer wag nie. hoekom is dit net by "sekere winkels" beskikbaar??? nog nooit so gesukkel om ‘n tydskrif bylaag in die hande te kry nie?? doen julle dit aspris om die arme getroue leser te toets???? HELP ASSEBLIEF

  • Jenni

    Ek is nogal teleurgesteld!! Ek het die Sarie gekoop met die gratis serpie in. Later hoor ek van die Sarie Kreatief!!! Nadat ek meeste van ons winkels plat geloop het om dit in die hande te kry, het ek een by CNA Westgate raakgeloop. Dit is nou regtig nie ‘n winskopie @ R80.00 nie. Ek het reeds R30.00 betaal vir die Sarie, nou moet ek nog een koop met die Kreatief wat dan eintlik dan R50.00 is. Dit is so ‘n dun bylae, dat dit regtig nie vir my R50.00 werd is nie. Ek is ‘n groot Sarie aanhanger en koop als, van Sarie, Sarie Kos, Sarie kos vir mans, Sarie Woon & Sarie Gesond, maar vir so ‘n dun bylae, betaal ek nie R50.00 ekstra nie. Gaan die volgende uitgawes darem die prys werd wees?

  • Jorinn

    Ek het vir Kreatief by die CNA in Wernhill in Windhoek gekry. Ook nadat ek reeds my Sarie gekoop het. Sou dit ook apart verkies het. Sien uit na volgende uitgawes.

  • Monica Booysen

    Waar kry ek Sarie kreatief in die Bergbron omgewing asseblief? Het uitgekyk daarvoor maar kan dit nie
    kry nie!

  • Chrisna

    KIMBERLEY – Sarie Kreatief is by Diamond Pavillion se Checkers te koop. Ongelukkig het my suster dit reeds vir my in Somerset Wes gekoop en dis in die pos. Maar dalk is daar ander Kimberliete wat nog soek!

  • Heleen van Rustenburg

    Waar in RUSTENBURG is Kreatief te koop, al moeg gesoek by al wat ‘n winkel is, maar hulle weet nie waarvan ek eers praat nie.
    Waar in RUSTENBURG is Kreatief te koop, al moeg gesoek by al wat ‘n winkel is, maar hulle weet nie eers waarvan jy praat nie. Julle het ons so opgewonde gehad met die Kreatief, maar waar???

  • Surina Bouwer

    IAs dit moontlik dat julle vir my iets kan stuur wat al die afkortings wat in hekel gebruik word verduidelik?

  • Esmarie Meiring

    Ek het die Sarie Kreatief, maar die truitjies wat ek wil brei is nie een in my grootte nie, so dit help my nou niks. waar kan ek die patrone in groter groottes kry? Ek is borsmate 102 – 107 cm.

  • Ria

    Sarie Kreatief is ‘n fantastiese idee – ek sal net graag ‘n dikker tydskrif wil sien met meer patrone in, veral hekelpatrone. Ek het ook twee Saries moes koop – die een met die serp en ‘n rukkie later die een met Kreatief. Maar die kwaliteit is goed, ek sien uit na meer.

  • Petro Wagenaar

    hi daar Saiie
    Jou kreatiewe deel is nerens in Heidelberg Guateng beskikbaar, was al vir 2 weke elke dag soekend
    Help asb….wil jou so bitter graag ontmoet se my net waar

  • Marié van der Westhuizen

    Ek kry Sarie Kreatief nerens nie, het Milnerton, Table View, N1 City en Canal Walk se winkels gefynkam. Waar ken ek dit koop?

  • Gertje

    mense, as julle nie die Sarie Kreatief in die hande kan kry nie, soek dan vir ‘n Idees boek of (Ideas -ook in engels beskikbaar. Daar is altyd tonne nuwe idees van alles en nog wat in. Beslis die moeite werd !

  • Estelle Smith

    Waar kan ek die patroon in ENGELS kry vir die Duffelse baadjie en gebreide steweltjies vir baba. Ek kan nie brei nie maar my tannie kan, maar nie in AFRIKAANS nie.

  • Vossie Joubert

    Ek is so teleur gestel. Waar is julle tweede uitgawe. Ek kry hom nerens.

  • Petro Wagenaar

    Ek het my bestelling geplaas en wag in ogewondenheid!!!

  • Maria

    Brei en hekel is weer in. Is dit moontlik dat julle dalk nog die onderbaaitjie patrone van 19 Maart 1980 het. My ma het dit gebere, maar die eenhelfte het verlore geraak. Kan julle dalk help

  • Sonja Roux

    Ek het n breipatroon in Sarie kreatief gesien, Oorvou-pasjima in Sarie kreatief. Ek woon in Hartbeespoort en het wolwinkel tuis asook in Pretoria besoek maar hulle se die tipe wol kom van Engeland af en hul stock dit nie. Kan u my dalk se waar ek hierdie Sidar-Nomad in die hande kan kry en of daar n alternatief is wat ek kan gebruik wat soortgelyk is?

  • Maggie vd westhuizen

    Is dit nog beskikbaar?

  • Ingrid Wagener

    Dagsê!
    Ek het iewers aanlyn gelees dat mens kan e-pos en sê waar SARIE nie in winkels beskikbaar is nie…by die Cherry Lane Pick ‘n Pay in Brooklyn, Pretoria, is daar nog nie die Mei-uitgawe beskikbaar nie. Is julle net laat, of het die winkel die uitgawe nooit gekry nie?
    Groete
    Ingrid Wagener

  • ESTE BEUKES

    Gaan julle weer vanjaar ‘n Sarie Kreatief uitgee? Indien wel, wanneer kan ons bestel?

  • Anne-Marie

    Ek het my olifant truitjiepatroon vir kinders verloor en weet dit was in die 26 Junie 1991 uitgawe van Sarie. Is dit moontlik dat jul dit vir my kan epos asb of faks na 0866706639. Ek sal dit verskriklik waardeer.

  • Bess Bogaards

    Goeie dag,

    Ek het 100% katoenwol, sommiges is handgespin en gekleur, wat ek wil verkoop. Kan iemand my sê teen watter prys ek dit kan verkoop? Ons het ook baie parte vir weefstoele en spinwiele. My skoonouers het ñ wewery gehad en daar is soveel goed wat verkoop moet word, sal bly wees indien daar iemand is waarna jul ons kan verwys!

  • Engeltjie Wepener

    Kan u asseblief patrone plaas vir serpe brei en dalk ‘n paar plekke waar mens dit heen kan stuur of vat om verkoop te word asseblief? Onthou baie van ons is begin breisters soos ek!!!!!!!!!!

  • Lydia

    Hoe kan ek die Sarie Kreatief met die oorvou pasjima in die hande kry.