acacia_tree_by_tessa_collins
Dekorstories

Gebuigde boompies

Cape Originals in Kaapstad is so ‘n plek met sy interieur- en kunskopies. Die winkel skep ‘n platform vir voorste kunstenaars en ontwerpers. Sommige van die werke te koop word deur minderbevoorregte gemeenskappe van die Karoo gemaak. Kunstenaars sluit in Kevin Hough se beeldhouwerk van skroot, Avoova se mosaïekwerk van volstruisdoppe, Maasai-kralewerk en nog vele meer.

Iets wat dadelik ons oog gevang het, was Tessa Collins se akasiabome – van draad. Sy maak dit by haar huis op Prins Albert en elke boom is onderteken en gedateer. Sy maak verskillende soorte bome, maar die meerderheid is akasias en baobab-bome. Die pryse begin by so R300 vir ‘n klein akasia (R15 cm hoog) tot R1 100 vir ‘n 35 cm-baobab. Die bome is ontwerp om teen ‘n muur te hang en skep ‘n realistiese miniatuur-silhoueët.

Maak ‘n draai op die hoek van Bree- en Kortmarkstraat, Kaapstad, tel.021 422 1620 of www.capeoriginals.com