outdoor_wall_light_wt05g
Dekorstories

Buite-beligting

Hiervoor is daar die innoverende beligting van die Radiant Group – met ‘n groot reeks om uit te kies. Wanneer jy buiteligte kies en installeer, hou die volgende in gedagte:

Moenie beligting te hard en helder maak nie. Buiteligte moet ‘n helder maanlignag naboots.

Beplan beligting deeglik sodat mooi dele belig word. Die stam en takke van ‘n groot boom skep byvoorbeeld ‘n dramatiese landskap en beligting in ‘n kleurryke blombedding skep ‘n fokuspunt.

Kies die regte lig vir buite. Dit moet nat en koue weer kan trotseer. Spaar krag en gebruik LED-gloeilampe.

Hou sekerheid in gedagte. Belig jou omheinings en sorg vir lig in jou oprit en na jou voordeur. Kolligte wat deur beweging aanskakel, werk goed in donker dele van jou tuin.

Besoek Radiant-vertoonlokale in Johannesburg en Kaapstad om hul omvattende reekse te besigtig. Kontak: 011 386 0000.