img8605rz
Dekorstories

Dekor en tee

‘n Nuwe dekorwinkel, T & Co., het onlangs sy deure oopgegooi in Groenpunt. Tanya Sturgeon en haar span het elke item met groot sorg en liefde gekies. Hier vind jy besonderse meubels, linne, keramiekware, juweliersware, musiek, kuns, ligte, mooi fotografie – en natuurlik die pragtige reeks materiale van Jim Thompson. Hulle bied ook ‘n omvattende dekor-diens. Daar is ‘n lieflike koffie-winkel waar jy rustig jou kopies kan sit en bedink, natuurlik met ietsie te ete daarby.

T & Co. het ook ‘n ateljee in Johannesburg, 087 808 7012/3. Die Groenpunt-winkel vind jy by Eenheid 124, Victoria Junction, Ebenezerstraat, Groenpunt, 087 808 7065/4.