Plaaslike mooigoed vir jou huis
Foto’s: Ryno Galery
Ons spog met plaaslike ontwerpers en kunstenaars se kreatiwiteit. Van pragtige sakke vir jou muur tot 'n boekrak, kombuisgoed en plaaslike lap.
3 kreatiewe jong manne, Luke, James en Nhlanhla, die eienaars van Pedersen + Lennard en het die meubels op die foto hiernaas ontwerp en gemaak. SARIE se dekor-redakteurs, Anita Rossouw en Lounette Fourie het vinnig met hulle gesels.
Is julle vriende of net sakevennote?
Ons het beslis te veel pret om te ernstig te word.
Lê julle ook wakker oor die resessie?
Luke: Watter resessie?
James: Resessie = geleenthede.
Was die ontwerpskou Design Indaba vir julle die moeite werd?
Ja, behalwe plaaslik, het ons ook bestellings uit Frankryk, Australië en Nederland gekry.
![]() |
Wenk
Skep orde met bêrebokse. Woolworths het ’n groot verskeidenheid. Merk met ’n kaartjie wat in elke boks is. Of verf stewige skoenbokse met enige oorskietverf. Lig en modern. Jou werkplek hoef nie ’n donker, deurmekaar hoek te wees nie. Meubels van Pederson + Lennard. Die meubelontwerpers het met hierdie slim, "deursigtige" lessenaar (R6 700), lamp (R300) en emmerstoel (R950) vorendag gekom. Die sitplek lig op vir ekstra pakplek in die emmer en is in 7 kleure beskikbaar. Die selfkleefaansteekbord (vanaf R450) is van Flowermill en in verskillende groottes en ontwerpe beskikbaar. Die leers (R69,99 elk) is van Mr Price Home en die notaboek (R120) van Veldt. Die Palmtalkkoordlose telefoon (R899) is landwyd by Telkom Direct-winkels te koop. |
![]() |
Wenk
Sakke teen die muur is ‘n nuttige bêreplek vir bykomstighede soos serpe, sokkies en kouse. Sak & pak. ’n Sak is nie net ’n sak nie. Dit kan ook ’n klein kunswerk wees wat ’n vaal hoek opvrolik. Al die mooi lap op dié foto is eiegoed, geskep deur groot name in die SA tekstielbedryf soos Lula Fabrics, Maya Prass, Fabric Nation en Skinny laMinx. Maak die hangplek vir jou sakke interessant. Haak ronde geskenk-etikette oor die spykers of knip sirkels uit papier. Die sake is kloksgewys van bo links: Sak gemaak van Lula Fabrics, Baby Zebra (R470,25 p.m.); Veldt-sak met ritssluiter (van R190); Skinny laMinx-inkopiesak (van R150); groot inkopiesak van Skinny laMinx (van R250); oorgroot geborduurde sak (R750) van Helen Vaughan en Fabric Nation-inkopiesak gemaak van Toile du Jozi (R245 p.m.). Bankie oorgetrek met Retro Circles van Lula Fabrics (R489 p.m.) Blomhandsak met leerhandvatsels (R650) van Mielie. Die boonste kussing (Aloes & Lace-materiaal, R270 p.m.) is van Fabric Nation. Die ander sykussings (R560 en R669) en ottoman (R2 210) is van Maya Prass. Die mat (R139) is van Mr Price Home. Skinny laMinx- en Fabric Nationprodukte en -materiale kan p.m. aanlyn gekoop word. Sien Koopgids. |
![]() |
Nuut Nostalgies
Antiek en nuut staan in skoonheid langs mekaar. Wit Bekers van Mud Studio en borde van Alheit Ströh, ’n landskap-argitek wat nou bekend is as goudsmid en pottebakker. Die kunstenaar/ontwerper Alheit Ströh se handgemaakte borde (R800 elk), Not made in China, spreek boekdele. Te koop by Wessel Snyman Creative. Die handgemaakte bekers (R320 en R420) is van Mud, te koop by O.live. Die plaaslik vervaardigde tafel (R4 950) en kruike is van Froggatt and Frost. Die muurkleur is Aged Aloe (Y6-E2-2) van Plascon. Stoel stilis se eie. |
![]() |
Wenk Maak jou boekrak 'n boeiende uitstalplek deur boeke af te wissel met items soos geraamde foto's of skilderye, 'n mooi vaas of ornament. Boekkuns Hierdie slim boekrak bestaan uit los blokke en groei saam met jou versameling boeke en kuns. Die rakke en die ikoniese Zulu Mama-stoel is van die bekende meubelontwerper Haldane Martin. Sy ontwerpermeubels word vervaardig deur mense in agtergeblewe gemeenskappe. Die boekrak en stoel is van die bekende meubelontwerper Haldane Martin. Die boekrak bestaan uit soliede SA dennehoutblokke en klik met sterk magnete aan mekaar. Die 200 x 400 cm-blok kos R587 en die 400 x 400 cm-blok R781. Die Zulu Mamastoel (R4 591) word van 'n sterk staalraam en herwonne gevlegte plastiek gemaak. Dis beskikbaar in 7 kleure. Die beeldhouwerke is van Frank van Reenen (www.frank.co.za). Pryse op aanvraag. Die geraamde Karoo-landskap-foto (R2 500) is van Ryno. Nguni-vel stilis se eie. |
![]() |
Kombuisgoed Die vadoeke is van Skinny laMinx, beskikbaar by O.live en Blink. Die bont breekgoed is van Liesel Trautman (oorgroot koppies van R150, bakkies R180, bordjies R130). Die groen bakkies (van R45) is van Wonki Ware, beskikbaar by Blink. Die teeblikkies is van Afro Coffee. Die glase (R55 elk) en houtvysel (R450) is van Nap. Die houtborde (R180 elk) is van O.live. Ander items stilis se eie. |
![]() |
Laslap-vase
Hierdie vase (van R250) van keramiekkunstenaar Lisa Firer lyk soos laslapwerk. Of jy nou 'n enkele blom of 'n hele bos, of glad nie blomme daarin rangskik nie, dit bly asemrowend mooi. Te koop by Maya Prass. |
![]() |
Lieflappies Die tekstiel-kunstenaar Jesse Breytenbach het 'n aanlynwinkel waar sy haar unieke materiale, linte en kaartjies verkoop. Sy het ook klaarvervaardigde sakkies, oorgetrekte boekies, kussingslope, en haar materiale verkoop goed. 'n Handbedrukte stuk materiaal van sowat 48 x 68 cm kos van R105, lint van R30 p.m. en 'n oorgetrekte boekie R110. |
![]() |
Spelde & Skêre
Klik hier om te sien hoe jy dit self kan maak |
![]() |
Hekel-mosaïek
Dié organiese drade van katoen of bamboes (van R28 by Vinnis Colours) word plaaslik gespin en met die hand gekleur. Skakel 021 975 4201 of stuur epos na info@vinniscolours.co.za vir jou naaste verskaffer. |
Verwante artikels
-
6 nuttige dekorwenke uit SARIE WOON - Engela du Toit wys hoe
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 4
-
Brei 'n grys serp, handsak en handskoene
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Gebreide grys serp, handsak en handskoene
-
Breipatroon vir mantel (shrug)
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 1
Dis nou weer mode om die breipenne uit te haal! Brei hierdie snoesige mantel.
-
Fyn gebreide trui vir die dag
SARIE - April 2010
Die geskeurde jeans-voorkoms gee aan 'n fyn gebreide trui 'n gemaklike naweek-gevoel.
-
Kylie Minogue se ‘At home’-linnereeks nou in SA!
SARIE Augustus 2010
Pop-sensasie Kylie Minogue het haar eie linnereeks twee jaar gelede bekendgestel en in 2010 ook in Suid-Afrika beskikbaar gestel!
-
Maak 'n speldekussing en 'n sakkie vir jou skêr
SARIE Julie 2010
Maak uit stukkies vilt 'n speldekussing en sakkie vir jou skêr.
-
Maak jou eie hekel-mosaïekkombers
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 26
Raak op dié manier van alle oorskietwol ontslae. Gebruik verskillende teksture soos katoen en bamboesdrade (van Thimbles, Quilt & Knit) saam met jou oorskietwol.





































Kommentaar