wbrz3
Dekorstories

Die geur-roete

As wierook nog nooit jou ding was nie, probeer gerus dié van Private Collections in De Waterkant, Kaapstad (021 421 0298), in die elegante silwerkleurige blikke @ R40 elk. Daar’s niks sinteties aan dié geure nie – die wierook word ingevoer van Indië en word van suiwer olies gemaak. Jy kan kies uit vetivert, sandalhout, kaneel en nog baie meer. Vetivert (‘n wilde gras) in parfuum kom dikwels van die eiland Réunion aan Afrika se ooskus, maar in Indië word die olie van vertivert nie net vir parfuum ingespan nie, maar ook as medisyne en natuurlike verkoeler.

Jy hoef ook nie jou wierook te brand nie – net ‘n paar stokkies in die geur van jou keuse verrig wondere in jou klere- of linnekas.

* The Scent Trail – A journey of the senses deur Celia Lyttelton, Bantam Books (R156) neem jou op ‘n betowerende reis van geur. Nooit sal jy weer parfuum aansit sonder om opnuut verwonderd te wees oor dié stukkie kuns in ‘n bottel nie!