strijdom_foto
Dekorstories

Die landskap van lyne

“Alles begin tog met ‘n lyn. Dink maar daaraan watter belangrike rol speel lyne in ons lewe. ‘n Lyn meet byvoorbeeld afstand. Ons lewe is soos ‘n lyn met baie lyne wat kan afdraai; party is ligsinnig en ander diepsinnig.” – Strijdom van der Merwe, landskapkunstenaar

Strijdom van der Merwe se nuwe uitstalling, Exploring Lines, is tans te sien by die red black and white kunsgalery op Stellenbosch (tot 7 Maart). Die opdragwerk, Falling Sticks, word teen die buitenste muur van die galery vertoon (sien foto). Hy gebruik verskillende mediums om sy ervaring van lyne uit te beeld – van beeldhouwerk tot skilderkuns, meubels, foto’s, water-tekeninge en video-materiaal. Dié van julle wat Strijdom se werk ken, sal weet hiérdie uitstalling is beslis ‘n moet-sien.

Klik hier vir nog foto’s van Strijdom se kuns.