Die nuwe SARIE WOON nou op die rakke!
Goeie nuus! SARIE WOON, SARIE se immergewilde dekor-en leefstyltydskrif is vanaf Woensdag 16 November te kry.
Dekorredakteurs Lounette Fourie en Anita Rossouw vertel:
"Hoe ons in die Riebeekvallei beland het, is eintlik ’n lang storie. Dit het begin by ’n praatjie wat ons ’n paar jaar gelede in Pretoria gehou het. Daar het ons Rhoda Kruger van Garden Bleu ontmoet en ons verwonder aan haar mooi tuin-strukture (sien bl. 116). Tot ons vreugde het sy kort daarna ’n winkel in Riebeek-Kasteel oopgemaak. Ons het ons nie twee keer laat nooi nie en so het ons sommer die jaarlikse Olyffees ook ontdek. Die dorp het in ons kop bly steek, maar ons het niemand daar geken of geweet hoe die binnekamers lyk nie.
"Op ’n dag kry ons ’n oproep van ’n leser wat die eerste WOON soek. Sy wou ook sommer weet wanneer die volgende een verskyn. Ons was juis die volgende uitgawe aan’t beplan en sy nooi ons toe vriendelik uit om haar dorp te besoek. En hiermee wil ons sê: Dankie, Li Nepgen (bl. 70). Jy het die waarheid gepraat. Daar is ’n magdom mooi huise, interessante, talentvolle en vriendelike mense in die Riebeekvallei. En kan jy nou lekker eet op daai dorp!
"Hierdie WOON is ook propvol lekker selfdoen en unieke idees, mooi kinderkamers en ’n heerlike tuinmaak-storie. Dit was een groot fees om dit alles bymekaar te sit – hoop julle geniet dit net so baie!
Anita en Lounette - Dekorredakteurs
IN DIé UITGAWE
Ons kuier in die Riebeekvallei
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Kombuise wat kook
![]() |
![]() |
Badkamers om van te droom
![]() |
![]() |
Kom sit by my
![]() |
![]() |
Haal die spesiaal uit potensiaal
![]() |
|
Pienk is 'n plan!
![]() |
WEN met Defy
![]() |














































Kommentaar
Megan Hoekstra het gesê:
HI. would just like to know how can i get hold of the previous editions of the sarie woon Nr1 and Nr2. Can i order them from Sarie?
21ste Mei. 2012, 09:10Heiderose Loopstra-Krupp het gesê:
Ek is so bly ander mense het ook probleme - ek probeer nou sedert November (dit is nou Mai die folgende jaar 2012) die 2011 uitgawe in die hande de kry. My vriende bly op De Rust naby Oudtshoorn, en hulle se dat nerens 'n Sarie Woon opgespor kan word. Hulle het probeer om dit by PNA te bestel, maar die mense kry nie ers 'n antwoord nie - regtig treurig - nou sit ek hier in Engeland en verlang so baie na my nuutste Sarie Woon. Ek huil krokodile trane. Liefde en Beste Groete, Heiderose.
15de Mei. 2012, 21:25Erika Aust het gesê:
Ek wil ook graag onder julle aandag bring dat ek vanaf November regdeur Desember glad nerens Sarie Woon in die hele Kaapse Skiereiland kon opspoor nie! Help assblief!? Dankie!!
4de Jan. 2012, 15:47barbara het gesê:
kan net droom van soveel mooi!!
14de Des. 2011, 09:32Manti het gesê:
Ons eSteppie is deel van die foto op p108. Ek sal dit graag met erkenning op ons Facebook bladsy deel (www.facebook.com/Inkulu). Mag ons?
2de Des. 2011, 21:26Lounette Fourie het gesê:
Hi Therea Daar is ongelukkig nie 'n nuusbrief net vir Sarie Woon nie, jy is welkom om op Sarie se nuusbrief in te teken.
1ste Des. 2011, 11:37Hannelie het gesê:
Ek kry dit ook nêrens in die Kaap nie! By watter winkels is dit beskikbaar?
1ste Des. 2011, 08:57Li Nepgen het gesê:
Hi Anita & Lounette, Loads of thanks from me, Li Nepgen, for your little write up about me! Love It! Featured you on my blog which you can get to from my website. Chat soon and whenever you fancy popping in for a cuppa and the yummy food, give us a shout! LOL
19de Nov. 2011, 16:39Rita het gesê:
Dis vandag 18 November en ek kry Sarie Woon NêRENS in die Noordelike voorstede van Kaapstad nie! Kan iemand vir my sê of dit al op die rakke is?
18de Nov. 2011, 16:21sylvia het gesê:
dis waarvan ek saans droom.
16de Nov. 2011, 20:57Liz het gesê:
Ek wil ook vir my suster inskryf vir Kersfees! Hoe maak mens?
16de Nov. 2011, 13:55Emmerentia Olivier het gesê:
Ek hou daarvan!!Dis pragtig! Baie geluk SARIE weereens vir n wen-boek!!
16de Nov. 2011, 13:02Tjaart het gesê:
Dis pragtig! Sal graag my huis hier in Thailand so wil maak!
16de Nov. 2011, 12:23theresa het gesê:
Hallo daar! Kan ek asseblief inskryf vir n nuusbrief vir Sarie Woon?
16de Nov. 2011, 11:40