woon
Dekorstories

Die nuwe SARIE WOON nou op die rakke!

Dekorredakteurs Lounette Fourie en Anita Rossouw vertel: 

“Hoe ons in die Riebeekvallei beland het, is eintlik ’n lang storie. Dit het begin by ’n praatjie wat ons ’n paar jaar gelede in Pretoria gehou het. Daar het ons Rhoda Kruger van Garden Bleu ontmoet en ons verwonder aan haar mooi tuin-strukture (sien bl. 116). Tot ons vreugde het sy kort daarna ’n winkel in Riebeek-Kasteel oopgemaak. Ons het ons nie twee keer laat nooi nie en so het ons sommer die jaarlikse Olyffees ook ontdek. Die dorp het in ons kop bly steek, maar ons het niemand daar geken of geweet hoe die binnekamers lyk nie.

“Op ’n dag kry ons ’n oproep van ’n leser wat die eerste WOON soek. Sy wou ook sommer weet wanneer die volgende een verskyn. Ons was juis die volgende uitgawe aan’t beplan en sy nooi ons toe vriendelik uit om haar dorp te besoek. En hiermee wil ons sê: Dankie, Li Nepgen (bl. 70). Jy het die waarheid gepraat. Daar is ’n magdom mooi huise, interessante, talentvolle en vriendelike mense in die Riebeekvallei. En kan jy nou lekker eet op daai dorp!

“Hierdie WOON is ook propvol lekker selfdoen en unieke idees, mooi kinderkamers en ’n heerlike tuinmaak-storie. Dit was een groot fees om dit alles bymekaar te sit – hoop julle geniet dit net so baie!

Anita en Lounette – Dekorredakteurs

IN DIé UITGAWE

Ons kuier in die Riebeekvallei

Die Riebeekvallei  
Liezel Olckers en Philip Seba se eetkamer Hoofslaapkmer met hoë venster - Liezel Olckers en Philip Seba se huis

Die gesin Manley se leefvertrek op Riebeek-Kasteel

Kombuise wat kook

Kombuis-idees Sjiek mosaïek - kombuistrend

Badkamers om van te droom

Badkamer - landelik en ruim

Kom sit by my

Sithoekie - klein maar ruim Sithoekie met kunstenaarsesel

Haal die spesiaal uit potensiaal

Doen dit self - Hekel 'n mosaïek-kombers Praktiese idees - doen dit self 

Pienk is ‘n plan!

Pienk is 'n plan

WEN met Defy

Wen met Defy
  • theresa

    Hallo daar!

    Kan ek asseblief inskryf vir n nuusbrief vir Sarie Woon?

  • Tjaart

    Dis pragtig! Sal graag my huis hier in Thailand so wil maak!

  • Emmerentia Olivier

    Ek hou daarvan!!Dis pragtig! Baie geluk SARIE weereens vir n wen-boek!!

  • Liz

    Ek wil ook vir my suster inskryf vir Kersfees! Hoe maak mens?

  • sylvia

    dis waarvan ek saans droom.

  • Rita

    Dis vandag 18 November en ek kry Sarie Woon NêRENS in die Noordelike voorstede van Kaapstad nie! Kan iemand vir my sê of dit al op die rakke is?

  • Li Nepgen

    Hi Anita & Lounette, Loads of thanks from me, Li Nepgen, for your little write up about me! Love It! Featured you on my blog which you can get to from my website. Chat soon and whenever you fancy popping in for a cuppa and the yummy food, give us a shout! LOL

  • Hannelie

    Ek kry dit ook nêrens in die Kaap nie! By watter winkels is dit beskikbaar?

  • Lounette Fourie

    Hi Therea

    Daar is ongelukkig nie ‘n nuusbrief net vir Sarie Woon nie, jy is welkom om op Sarie se nuusbrief in te teken.

  • Manti

    Ons eSteppie is deel van die foto op p108. Ek sal dit graag met erkenning op ons Facebook bladsy deel (www.facebook.com/Inkulu). Mag ons?

  • barbara

    kan net droom van soveel mooi!!

  • Erika Aust

    Ek wil ook graag onder julle aandag bring dat ek vanaf November regdeur Desember glad nerens Sarie Woon in die hele Kaapse Skiereiland kon opspoor nie! Help assblief!? Dankie!!

  • Heiderose Loopstra-Krupp

    Ek is so bly ander mense het ook probleme – ek probeer nou sedert November (dit is nou Mai die folgende jaar 2012) die 2011 uitgawe in die hande de kry. My vriende bly op De Rust naby Oudtshoorn, en hulle se dat nerens ‘n Sarie Woon opgespor kan word. Hulle het probeer om dit by PNA te bestel, maar die mense kry nie ers ‘n antwoord nie – regtig treurig – nou sit ek hier in Engeland en verlang so baie na my nuutste Sarie Woon. Ek huil krokodile trane.
    Liefde en Beste Groete, Heiderose.

  • Megan Hoekstra

    HI. would just like to know how can i get hold of the previous editions of the sarie woon Nr1 and Nr2. Can i order them from Sarie?

  • annabelle

    Greetings from Namibia

    I have really enjoyed the Sarie Woon magazines, but when will we see another issue? Is it a once a year production or can we expect it more regularly? I have kept all the Leef issues from old Sarie’s years ago – they were real works of art! Please bring them back again!

  • Ansie Gey van Pittius

    Ek sal ook baie graag wil inteken op Sarie Woon en indien daar nog van vorige Sarie Woon tydskrifte beskikbaar is dit graag wil bekom. Dit is werklik ‘n prag tydskrif.