FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Dekorstories

Dié prins hou van pienk

Wie sou nou kon dink dat prins Harry, ’n hardebaard-soldaat en kranige rugbyspeler, so ’n sagte plekkie het vir pienk? Hy het onlangs opdrag gegee dat sy “paleis” ’n nuwe voorkoms moet kry. En toe kies hy pienk-en-grys.

Joa Studholme, ’n kleurkonsultant vir die Britse verfmaatskappy Farrow & Ball, sê sy verstaan heeltemal hoekom pienk so gewild is, berig Daily Mail. “Dit het te doen met ons gejaagde lewens, alles word op ’n harde plat skerm gedoen, ons hou ons te besig met tegnologie. Dit voel of pienk jou ’n lekker warm drukkie gee.”

1 Kies pienk-en-grys vir die slaapkamer

’n Lieflike kombinasie vir ’n slaapkamer. Verf of beits jou meubels ’n sagte grys en kies ’n viniel-houtvloer (van Belgotex Floors) met ’n gryserige grein.

pienk1 - Copy

FOTO Henk Hattingh

 

2 Dit werk ook in jou sitkamer

In jou leefarea werk ’n grys muur met skakerings van pienk perfek. Grys is ’n kalm kleur wat die perfekte agtergrond vorm vir skilderye en prente. Pienk en grys pas goed by die koperkleurige en goue trend wat nou hoogty vier. Mat van Gonsenhausers Fine Rugs.

FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

 

3 Sit iets manliks daarby

’n Karton-bokkop en twee houtskywe met goudblad-takbokke daarop pas by die pienk bank in die Skandinawiese styl van The Sofa Company.

Pienk3 (1)

FOTO Henk Hattingh

 

4 Skryf ’n liefdesboodskap

Teen ’n grys muur lyk so ’n plakker van My Walltattoos tog te mooi. Dulux se grys Night Jewels kom in skakerings van witgrys tot ’n baie donker grys. Almal goeie pasmaats vir skakerings van pienk.

FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Lees nou

Dekor-trend: Knoopdetail & kwiltwerk

Nuwe tendens: Hanglampe van laaghout & jy kan een WEN!

Kleurtrend: Geel