Dekorstories

Die wonder van wit

Die befaamde pottebakker Anthony Shapiro se werk is nou te koop by Loads of Living. Daar is slegs ‘n beperkte hoeveelheid van elk gemaak, wat dit ‘n unieke kopie maak. Die wit potte is in drie style en groottes en pryse is R129, R399 en R899. Die Raku potte, in 2 groottes het ‘n meer organiese voorkoms. Om hierdie voorkoms te verkry word die Raku tegniek gebruik. Die potte word in saagsels gevuur wat elke pot sy eie unieke kleur en afwerking gee. Loads of Living 0861 565 565