sr0912kos_12_
Dekorstories

Dis binnekort Kersfees! Die kos, dekor en modes vir saamkuier

In die Desember-uitgawe van SARIE vier ons fees. Kom sit aan vir ‘n heerlike spyskaart wat Herman vir jou bymekaargesit het.

SPYSKAART

Voorgereg
* Deelkos met papierbrood

Hoofgereg
* Lamsribstuk met ’n pistasieneut-kors en baba-groente
* Oondgeroosterde hoender gevul met okkerneute op baba-aartappels
* Heuninggebakte beetslaai met korrelmosterd-sous

Nagereg
* Kersfees-sjokolade-terrien
* Doen-dit-self-pavlova met roosroom en vars aarbeie (foto regs)

Kry dié resepte ook op jou selfoon.

Dek die Kerstafel

’n Kerstafel − mooi, en so eenvoudig! Hout, papier en glas is saam-saam elegant, en Chanel-pienk en room dié koel skakerings vir ’n warm Afrika-fees. Die dekorspan wys hoe. Laai ook sommer dié gratis stensil af en tooi jou kersboom met fraaie voëltjies. En as jy ook so ‘n banier met uitgesnyde letters en ander tooisels (soos gesien in die Desember-uitgawe van SARIE) wil hê, besoek gerus Good Letter Best.

Op die modefront put ons inspirasie uit die tydlose styl van Coco Chanel en dié sleutel-items waarvoor sy so bekend is: ‘n Wit manshemp, tweedbaadjie, chainlink-handsak, pêrels, ‘n oopknooptrui, ‘n manspak, vlootstrepe en die swart rok. Kuier agter die skerms toe dié modesessie geskiet is.

Mariska van Rooyen, SARIE-skoonheidsredakteur, vertel jou ook hoe om met die regte grimering jouself feestelik mooi te maak en uit jou grimering-groef te kom.

Bespaar dié feestyd geld en tyd.  
Ons het spesiaal vir jou ’n prag-geskenk- én Kerskaartjie ontwerp. Laai dit gratis af en druk uit op papier van jóú keuse.

 
KRY AL DIE INSPIRASIE IN JOU DESEMBER-SARIE, VANAF 9 NOVEMBER TE KOOP

  • http://qkvpyrmmwuqf.com/ wdauwuivpe

    mZbzec tajzcwjnhugy, [url=http://kktoyudesqwj.com/]kktoyudesqwj[/url], [link=http://nxqwxsbcypxd.com/]nxqwxsbcypxd[/link], http://olropahdjrac.com/