image002
Dekorstories

Dit lyk soos hout

Met die panele van Nutec Tongue & Groove, ‘n kombinasie van Portland-sement, silika en organiese vesel, is dit nou moontlik om dié afwerking op soveel meer plekke te gebruik. Die produk is ideaal vir plafonne, paneelwerk binne of buite, of vir ‘n tuinhuisie. Dit is sterk en duursaam en sal die toets van tyd deurstaan. Dit bevat geen asbes nie.

Die voordele van Nutec-panele is:

*Vog affekteer dit nie en dis dus ideaal vir binne of buite.

*Dis relatief lig in gewig en kan maklik hanteer en geïnstalleer word.

*Dis nie vlambaar nie en bied uitstekende beskerming teen vonke.

*Dis weerstandig teen verwering en word nie deur ultraviolet-strale geaffekteer nie.

*Dit het goeie insolasie-eienskappe.

Nutec Tongue & Groove-houtgreinpanele word in hul natuurlike grys kleur verskaf, maar kan geverf of vernis word met houtbeits om dit soos hout te laat lyk.

Vir meer: Skakel Everite/Nutec by 0861 333 835 of besoek www.everite.co.za.

Foto’s: Everite Building Products