while_bellini_lounge_armchairs_low_res
Dekorstories

Weerbestande buitemeubels

Nou het die eksklusiewe Duitse vervaardiger van buitemeubel, MBM, hul Bellini-reeks bekend gestel.

Dié reeks met sy skoon, moderne lyne word van ‘n herwinbare weefstof vervaardig en kan die strafste buitetemperature en selfs die felheid van die son weerstaan. En dis nie net die raamwerk nie, ook die kussings is weerbestand.

Die reeks is tans in al 7 MBM-winkels landwyd vanaf R4 300 (BTW uitgesluit) beskikbaar. Skakel 0861 222 626 vir meer besonderhede of besoek www.mbmafrica.co.za.