aviator_chair_1
Dekorstories

Elegante, tydlose meubels

The Sofa Studio skep nie net uniek ontwerpte meubels nie, maar hul vakmanskap is boonop van die hoogste gehalte. Die talentvolle Mark Bain en Eloise McCarthy is verantwoordelik vir die uitgebreide reeks banke, stoele en nog vele meer. Mark het ‘n BA Honneursgraad in meubelontwerp van High Wycombe, Brittanje, terwyl Eloise ‘n onderskeiding behaal het in haar kursus oor tradisionele stoffering by die Britse Hereford College.

Al die meubels word plaaslik vervaardig onder die wakende oë van Mark en Eloise. Pryse sluit BTW en stoffeermateriaal uit: vanaf R6 550 – R10 480. Navrae 021 876 3426 of www.sofa-studio.co.za.