sr1008dekor
Dekorstories

Geel is ‘n sonvanger (vir jou huis)

Dis een van dié nuwe dekorkleure en ‘n pasmaat vir gewilde grys. Die geheim is om klein spatsels geel in ‘n vertrek te gebruik.

Dié slaapkamer straal warmte uit met sy suurlemoengeel draperings, kussings en kombers.

‘n Kroon bo ‘n bed gee ‘n luukse en romantiese gevoel. Die metaalkroon (R795) is van Masquerade en die driekwartbedkopstuk (R3 600) is van Chikadee. Monteer eers die kroon, meet van kroon na vloer en laat ‘n ekstra 50 cm toe vir volheid en some. Stik some rondom in en werk bindbande op gelyke afstande aan die borand vas.

Die materiaal (Nella, kleur Limone, R620) is van Hertex Fabrics. Die deurgestikte grys deken (R950) is van

Masquerade en die kniekombers (R295) van Wetherlys. Die Chobi-mat (R8 325) is van Gonsenhausers Fine Rugs en die oulike fop-pels-stoeltjie (R2 395) van Weylandts. Die muurliggies (R599) is van Smileys at Home. Die muurkleur is Plascon se Gravel Road B5-E1-3.

Vir nog geel verfkleure, klik by Plascon.

 

Maak dit self

 

Maak jou eie kroon deur ‘n plank in ‘n halfmaanvorm te saag. Verf dit en kram Velcro aan die ronding vas. Stik die ander helfte van die Velcro aan jou materiaal vas. Monteer die kroon en plak materiaallengtes vas.

 

 

  • http://ptpgjfymjyoo.com/ bdcjwvbsiy

    Mw4Whr yeqektndlhgi, [url=http://qbklyikjlmwj.com/]qbklyikjlmwj[/url], [link=http://qmztxofswone.com/]qmztxofswone[/link], http://ziffuvrsraoc.com/