sr1012geskenke_16_
Dekorstories

Geskenke uit die hart: soetgoed of juweliersware – hier’s idees

Gee die Kersfees ‘n geskenk wat saak maak, een wat jy spesiaal vir iemand uitgesoek het.
’n Tradisionele gemmerpot met versuikerde gemmer maak ’n lieflike geskenk (R89), Woolworths.
Toe, Meneer, bederf die vrou in jou lewe met ’n handvervaardigde versamelitem van emalje en edelstene. Dié
waterskilpad is gevul met Estée Lauder White Linen-parfuum (R7 750), uitsoektakke van Edgars en Stuttafords.
’n Stel hemelse badolies bly die beste bederf (R1 000), Jo Malone.
Nuttig én stylvol. ’n 30-minuut-uurglas met swart sand (R214), MG Design Box.
Mooi lapservette is welkom in die Kerskous (R149 vir ’n stel van 2), Moi. Soortgelykes (R220 vir 4) is beskikbaar by Rhubarb Room.
Wat van ’n baguette-houtbord (R375) van One on One, ideaal vir kaas-en-wyn? Ook beskikbaar by Weylandts-takke landwyd, R219.
Heerlike soetheid – heuningkoek-lekkers (R14 vir 100 g), Saffron.
Visse (R80) Articles&Frames
Vir natuurliefhebbers. Visse gekerf uit hout (R80), Articles & Frames.