sr1012geskenke_100_
Dekorstories

Geskenke uit die hart: notaboekies, skouersakkie of lekkerruikgoed – hier’s idees

’n Moet vir Kersfees! Modieuse dra-sakke in verskillende style en gemaak van ou advertensieborde (R80 – R850) is deel van ’n werkskeppingsprojek. Boonop is hulle nou ook in New York in aanvraag. Kontak 082 444 6400 of stuur e-pos na bloombillboard.bags@gmail.com vir bestellings. Dit neem 3 dae vir aflewering. Besoek ook Bloomin’ Bags op Facebook
Nostalgies-mooi in blikkies. Lekker-ruik-seep (R45 elk), Woolworths.
Perfek vir entoesiastiese tuiniers: ’n handversorgstel (R600), Crabtree & Evelyn.
Bakkies vir snoepgoed, lekkergoed of optelgoed (R124 elk), MG Design Box.
Vir die dierevriend, ’n hondjie-sleutelhouer (R19), Clicks.
Notaboekies van leer vir daai hartsgeheime! Klein R25, medium
R89, groot R160, Woolworths.
Koekstaander
’n Prettige opvoubare koekstaander van Tin Town met laser-detail (R490), Rhubarb Room.
Net vir haar . . . Hartvormige brosbrood met gedroogde aarbeie (R20 vir 350 g), Saffron. Ewe mooi hartkoekies is by Melissa’s (R39 vir 275 g) te kry.