ceramic
Dekorstories

Besoek ‘n Kersmark

As jy in die Kaapstad-omgewing is, besoek gerus A Gift Affair in die pragtige historiese Welgemeend op die velde van die Hoërskool Jan van Riebeeck, Welgemeendstraat, Tuine. Van die modepop tot die uithalerkok sal hier iets vind om te koop, terwyl lekker ligte etes op die kuierstoep bedien word.

Die mark is op 25 en 26 November van 10:00 tot 20:00 en op 27 November van 10:00 tot 16:00 oop. Toegangsgeld is R20 en kredietkaartfasiliteite is beskikbaar. Gaan kyk op agiftaffair.blogspot.com vir meer inligting of skakel 083 533 1409.