child_s_room
Dekorstories

Geur in elke vertrek

By elkeen van ons roep spesifieke geure emosies en herinneringe op. Dink aan vanielje wat jou herinner aan ‘n vrolike gebak en brou. Laventel laat jou dalk aan ‘n mooi plattelandse tuin dink. Die internasionale trend-voorspeller, Li Edelkoort het al 3 jaar gelede voorspel dat geur ‘n baie belangrike en kragtige deel sal word van die mode en dekor industrie.

Ambi Pur, gebruik juis hul groot verskeidenheid geurprodukte om aan elke vertrek in jou huis sy eie geur en identiteit te gee. Kies uit geure soos Harmony, Elegance, White Silk, Puresse Bamboo, Blue Ocean en nog baie meer. Hul produkte bestaan uit elektriese geurverspreiders, spoelblokkies en spuitbottels. Te koop in alle supermarkte landwyd.