sr1009dekor_7_
Dekorstories

Hangplek in jou kombuis

Rooi geraam

’n Gaatjiesbord (by groot hardewarewinkels te koop) is bruikbaar van die  kombuis tot die motorhuis. Verf dit, plaas in ’n raam of hang dit net so op. Die spesiale gaatjiesbord-hakies is ook by hardewarewinkels te koop. Hang jou klein kombuisgereedskap daaraan op. Die bakkies en borde (vanaf R29,95) is van Woolworths. Die botterbakkie (R399) is uit die Welcome Home-reeks, by uitsoektakke van Boardmans.