index
Dekorstories

Hertex se ‘Downton Abbey’-muurpapier

Nou kan die aristokratiese atmosfeer van Downton Abbey ook in jou huis wees.

Downton Abbey muurpapier

Hertex Fabrics se Downton Abbey-reeks kan jou soos ‘n aristokraat in jou eie huis laat voel. Dis ‘n tydlose reeks wat die klassiek-historiese voorkoms met modernisme ophelder. Daar is Delft-geïnspireerde papier vir die eetkamer; kant-motiewe vir die ontspanningskamer; rustieke afwerkings vir die gang; en pragtige damas vir ‘n meer formele voorkoms.

Ons gesels met Downton Abbey se rebelse jongste dogter, Sybil Crawley

Downton Abbey muurpapier

Plascon dra ook tot die Downton Abbey-gier by. Hulle Red Red Wine R3-C1-1-verf is dié seisoen baie gewild. Dit sluit aan by die ryk wyn-skakerings wat gereeld in dié gewilde televisie-program gesien word.

Die Downton Abbey-muurpapier is te koop by Hertex Fabrics.

Die verf is kan deur Plascon bestel word.