roof_window
Dekorstories

Huis, paleis

Of jy ‘n nuwe huis bou of net ‘n vertrek of twee opknap, sowat 250 kundiges gaan by die heel eerste Home Improvers-skou in Kaapstad wees met idees en wenke om jou huis in ‘n paleis te omskep. Dit vind van 26 – 29 Maart by die Goeie Hoop-sentrum in Kaapstad plaas.

Besoek gerus die skou en kry saam met jou toegangskaartjie ‘n gratis SARIE. Vir meer inligting, gaan na www.homeimprovershow.co.za