the_jacaranda_girls_2010_
Dekorstories

Jakaranda-kuns

As jy nog geld oor het ná Kersfees, gaan loer gerus in by die kunsgalery Salon91 in Kloofstraat 91, Tuine, Kaapstad. Katrine Brink Claassens se solo-uitstalling Die Jakaranda-meisies en ander stories kan tot 19 Februarie hier besigtig word.

Katrine het in 2007 aan die Universiteit Stellenbosch graad gekry en al haar skilderye is by haar gradueringsuitstalling verkoop. Sy woon deesdae in Kanada en gebruik ‘n verskeidenheid van bronne, wat wissel van persoonlike foto’s, skilderye uit die 18de eeu en koerantfoto’s.

Salon91 het elke maand ‘n uitstalling van ‘n jong opkomende kunstenaar. Kontak Monique du Preez by 082 679 3906 of 021 424 6930, stuur ‘n e-pos na info@salon91art.co.za of besoek www.salon91art.co.za vir meer besonderhede.

Die galery is oop: Dinsdag – Vrydag: 10:00 – 18:00; Saterdag: 10:00 – 14:00; Sondag en Maandag: Gesluit.