1 MET HOND
Dekorstories

Jou Kersfees in groen

Groen appels uit ons mooie Elgin-vallei en ’n tikkie kaneel, loof en roosmaryn daarby. Breekgoed uit die kas en ’n lamsboud eksoties gevul – ons Kersfees is geurig vars, met net so ’n spoor van onthou-jy-nog…

>> Versier jou Kersboom: Bak jou gunsteling-soetkoekie en plaas ’n dun skyfie appel bo-op voor jy dit bak. Onthou om ’n gaatjie te druk vir die ophang-toutjie (soos op hooffoto).

Appel en kaneel

Groen-5319-Edit

  • ’n Lang linneloper in die middel van die tafel is die perfekte agtergrond vir glasballe (R101,20 vir 12) en glaspotte (vanaf R19,21 elk) van Super Floral Distribution, gevul met groen appels.
  • Vleg klimoptakke tussen die versierings deur en plaas ’n statige gietyster-takbok in die middel.

Groen-5330

 

<< Groen en glas: Dek met Ouma se antieke breekgoed (Ebony & Ivory, prys op aanvraag). Sorg vir geur en bind ’n kaneelstokkie en roosmaryntakkie om die servet van antieke linne (vanaf R1 200 vir 6) van La Brocanteuse. Die glasbordjies (R19,99 elk) en bakkies (R39,99 elk, sien foto bl. 92) is van Mr Price Home.

 

Groen-5322 

>> Mos en glas: Strooi Yslandmos (R54,78) en glasballe (vanaf R19,21) van Super Floral Distribution op jou groen tafel. Gietystertakbok (R350) is van Block & Chisel. Die groen glase (vanaf R40 stuk) is van Made in SA. Groot glasballe is stilis se eie.

 

 

 

 

 

Spyskaart

Voorgereg

Groen-5283Slaai van appel, sorbet en garnale

 Bykos

Groen-5311Blomkoolpuree met groenbone en rissiebotter

Hoofgereg

Groen-5313Lamsboud met feta-spinasie-en-gruyère-vulsel

Nagereg

Groen-5303Trifle met Oreo’s, karamel en donkersjokolade

Kos: Herman Lensing

Dekor: Anita Rossouw & Lounette Fourie

Foto’s: Donna Lewis

Kos-assistent: Liezl Vermeulen