MRP HOME
Dekorstories

Jou slaapkamer moet … beige wees + WEN MRP Home-ware ter waarde van byna R7 000!

Eenvoudige kleure, salig, rustig. Jy is ’n praktiese mens wat hou daarvan as dinge reg gedoen word. Mense hou van die rustigheid en georganiseerdheid wat jy na die tafel bring.

beige1_b

Maar vir jou om rustig te wees, beteken dat jy ’n rustige atmosfeer by die huis moet hê. Beige is die ideale kleur vir jou sodat jy in beheer kan voel. Die bonus is dat beige ’n klassieke kleur is wat altyd in jou huis sal pas.

MRP Home het premium-beddegoed vir jou slaapkamer. Hulle het luukse 200-draadtelling-duvetoortreksels en lakens van 100% katoen. Kyk ook uit vir die modieuse wafelweefsel-en-Yarn Dye-patroon.

grys2_b(*Nie al die items op dié foto is op die oomblik beskikbaar nie)

WEN!

1 gelukkige SARIE-leser kan ’n groot geskenkpak van MRP Home ter waarde van R6 960 wen. Al wat jy moet doen is om jou besonderhede hieronder in te vul en die maklike vraag te beantwoord.

Wen met MRP Home

 

Wat wen jy?

MRP HOME RESIZE

Koninginsgroot wafelweefsel-duvetoortreksel van 100% katoen R799,99
200-draadtelling-koninginsgroot paslaken van 100% katoen R259,99
2 x 200-draadtelling-kussingoortreksels van 100% katoen R159,99
Tekstuurgeweefde ligte kombers van 100% katoen R379,99

MRP HOME RESIZE

Koninginsgroot 200-draadtelling-duvetoortreksel van 100% katoen R599,99
Koninginsgroot 200-draadtelling-paslaken van 100% katoen R259,99
2 x 200-draadtelling-kussingoortreksels van 100% katoen R159,99
Tekstuurgeweefde ligte kombers van 100% katoen R379,99

MRP HOME RESIZE
Java-slaaibak R249,99
Java-opdienbord R249,99
2 x ovaalvormige Java-bakkies R49,99 elk
4 x Soho-kleinbordjies R79,99 elk
4 x klein Soho-bakkies R49,99 elk
2 x Soho-sousbakkies R39,99 elk
2 x Soho-skyfiebakkies R99,99 elk
2 x Soho opdienborde R79,99 elk
4 x organiese hiasint-plekmatjies R70,99 elk
Soho-teepot R169,99

MRP HOME RESIZE 4 x kussing met vere gevul R499,99 elk

  • Annaline De Wet

    ai sal dit nie wonderlik wees om iets te wen nie..na n hengse jaar met soveel inbrake en verliese sal dit die hoogtepunt wees..die lekkerste lekker dink ek

  • Chantal Esterhuizen

    Ek was die hele jaar soet :) Ek hoop “Santa Sarie en Santa Mr Price” het dit gesien ;)

  • Celesté

    Ek wil juis vir my wonderlike ma nuwe beddegoed koop vir KERSFEES! Joe wonderlik sal die geskenk nou nie wees nie. Niks so lekker soos ñ slaap kamer wat jou tuis laat voel nie.

  • Monique Pretorius

    Na n lank tyd het ons uiteindelik n nuwe huis en trek einde Januarie 2017.
    Sal fantasties wees om nuwe huis dekor te kan wen vir ons nuwe huis. Xx