sr1012bosvelddekor_2_
Dekorstories

Pragtige Kersbome van karton

Kies vanjaar ‘n aweregse boom uit eie bodem, soos die van Earthchild.

Die boompie is van karton en is maklik om aan mekaar te sit. Die opbrengs gaan aan die Earthchild-projek vir minder bevoorregte kinders. Dit is beskikbaar by Earthchild-winkels @ R295 (sonder versierings), of doen navraag by 021 551 3010 of www.earthchild.co.za

Die handgemaakte Kersballe (R35 elk) is van ‘n werkskeppingsprojek, The Homestead. Doen navraag by 021 419 973/4.

Die papier-engeltjies (R65 vir 10, posgeld uitgesluit) kan bestel word by lovelettersstationery@gmail.com.

Die groot bal (R149,99 vir 3) is van Game.