sr0909woondinge02
Dekorstories

Kerse wat blom


Hierdie geblomde kerse met ‘n vanieljegeur kom boonop in ‘n pragtige boks. Rangskik hulle saam met ‘n bos vars blomme vir ‘n sagte, vroulike voorkoms. Dis ook die ideale geskenk.

Hulle is van Tassels & Treasures en kos sowat R400 vir 4 by uitsoek-dekor- en geskenkwinkels. Verskaffer-navrae by 012 450 6358 of www.tassels.co.za.