sr1006styldinge58_light
Dekorstories

Kleur jou huis in – dis wat elke kleur vir jóú gaan doen


ROOI

Skep ’n warm stemming, wek aptyt op, stimulerend, aksie-gerig, verhoog jou hartklop en temperatuur en kan jou selfs aggressief laat voel. Gebruik in kombuis, speelkamer en eetkamer.


BLOU

Kalmerend en laat jou beskerm voel. Ligblou gee ’n gevoel van vrede en spasie. Werk goed in slaapkamers en plekke waar jy ’n rustige stemming wil skep. Pasop vir te veel blou, veral vlootblou, wat jou depressief kan maak.


GROEN

Kalmerend en laat jou gerus voel, veral liggroen. Dit is fisiek goed vir jou, vir jou hart en ook jou emosies. Mense wat sukkel met persoonlike verhoudings, omring hulself dikwels met groen. Pasop vir geelgroen en vuilgroen, wat jou naar of depressief kan maak. Gebruik groen in kamers wat vir ontspanning bedoel is.


ORANJE EN PERSKE

Laat jou gelukkig en energiek voel, gee jou aptyt en is ’n verwelkomende, sosiale kleur. Dit stimuleer ook seksualiteit. Goed vir eetkamers en kombuise.


GEEL

Maak jou gelukkig en stimuleer jou intellek. Pasop vir groengeel, wat jou siek kan laat voel, en mik liefs vir botter- of roomkleure. Kombineer dit met ander kleure, want te veel daarvan kan jou senuagtig maak. Gebruik in eetkamer of leefvertrekke.


PERS

Stimuleer kreatiwiteit, skep ’n gesofistikeerde stemming.


PIENK

Laat jou gekoester en veilig voel. Gebruik in badkamer en ontspanningsareas.

WIT

Kalmerend, maar kan klinies voorkom en jou afgesonder of selfs depressief laat voel. Gebruik saam met helderder kleure.

NOG MEER HIEROOR IN SARIE GESOND SOMER 2011

SARIE GESOND Somer 2011