Accessorize
Dekorstories

Kleur op kleur

Hou jy van kleurryke, vrolike beddegoed? Dan is die nuwe reeks beddegoed van Accessorize, bekend vir hul modebykomstighede, nét vir jou.

Die modes van die loopplank was die inspirasie vir dié reeks. Die ontwerpstyle is sjiek en romanties, met eklektiese blompatrone en selfs ‘n kleurryke skoenlapperpatroon. Daar is bypassende dekens en kussings. Die beddegoed is gemaak van perkaal-materiaal wat maklik is om te versorg. Die reeks is vanaf 27 September 2013 by uitsoektakke van Boardmans (Clearwater, Design Quarter en Tygervallei Sentrum) te koop.

Kleurryk in die huis

Kry dié kleurryke items in die SARIE-winkel

LINKS: Owl Bowl | REGS: Rainbow Cappuccino Set

LINKS: Small Sweetheart Bowl | REGS: Yellow Fynbos Bowl