Dekorstories

Klokhelder

Minibiblioteek

’n Skêrskinkbord of twee maak ’n oulike  persoonlike biblioteek.

Pak jou mooiste en geliefkoosde  boeke netjies op ’n skêrskinkbord  (R179, Mr Price Home). Die prentjie
word afgerond deur ’n salige gemakstoel  (oorgetrek met Hertex Fabrics se  Shocking, kleur Heather @ R700 p.m.),  ’n goeie leeslamp (R999) en ’n fyn port-kraffie (R249) van Wetherlys.

Daarby jou gunsteling-koekies vir  ’n genotvolle lees-uurtjie. Rig só ’n hoekie in jou slaap- of sitkamer in.
Goue gestreepte muurpapier,  New Art (R1 400 per rol), Hertex Fabrics. Mat (R799) en kombersie (R180),  @home. Glas stilis se eie.

WENK
’n Skêrskinkbord kan ewe goed as bedkassie diens doen. Laat saag ’n plankie
wat tussen die pote pas vir ekstra pakplek.

 

Woon-idees-sessie Mei 2009

 

Badkamer-prag Badkamer-prag (FOTO 1)
In ’n badkamer bied ’n skêrskinkbord
praktiese pak- en uitstalplek,
sonder om veel ruimte in beslag te neem.
Selfs hiér pas ’n klein glasklok en
koekstaander perfek: ’n Bossie
blomme onder ’n toegewasemde glasklok
gee ’n tropiese gevoel
en die stapel seep en badballe op ’n
glasstaander skep ’n sfeer van oordaad.
Gelukkige Moedersdag Moedersdag! (FOTO 2)
Nooi jou vriendinne én jul
ma’s vir ’n bederf-partytjie hierdie
Moedersdag. ’n skêrskinkbord bied
ekstra dek-plek vir koppies en pierings.
Glasklokke hou eetgoed langer vars
en aanloklik, terwyl die groteres
jou teetafel hoogte gee.

Wenk: Mooi omgekeerde
glasemaak minikoekstaanders.

 

Gee dit mooi Gee dit mooi (FOTO 3)
’n Glasklok of koekstaander van
glas is altyd ’n mooi geskenk–
veral met lint of ’n tossel daarby.

 

Hou als bymekaar Hou als bymkaar (FOTO 4)
Stal jou glasklokke en staanders
uit en bêre sommer ook klein
losgoedjies daaronder.


FOTO 1: Badkamer-prag
’n Skêrskinkbord (R1 699) van Wetherlys is ideaal in ’n badkamer. Stal jou bederfgoed,
soos al jou lekkerruiksepe (vanaf R11,99) en badballetjies (vanaf R14, albei Rain) hierop
uit vir ’n luukse gevoel. Handdoeke (R190 elk),Woolworths. Stoffeermateriaal op
agtergrond uit Hertex Fabrics se Gina-reeks, kleur Sultana @ R1 300 p.m.

Besoek www.hertex.co.za.

2: Gelukkige Modersdag!
Laat elke vriendin hul ma se gunsteling-eetgoed maak en saambring. Gooi jou teetafel
tot op die vloer toe met ’n mooi doek (Hertex se Great Expectations, ontwerp
Pip @ R500 p.m.). Dek met glasklokke en -koekstaanders. Van links: klok van geslypte
glas op silwer bord (R364,65, Wetherlys), groot klok (R250, Woolworths) op staander
van geslypte glas (R259, Home etc), glasklok op piouter-staander met rooi koekie
(R620, Rhubarb Room), langwerpige glasklok (R220,Lime Grove), hoë glasstaander
en -klok (R159, Home etc). Vir ’n treffende tafelversiering, plaas 2 glas-koekstaanders
(stilis se eie, heel regs) op mekaar, keer ’n glas daarop om en plaas ’n klein koekie
of blom daarop. Versier die koekstaanders met oop rose. Dek jou beste teegoed op
’n aparte skêrskinkbord. Teekoppies en pierings (R360 elk) en kleinbordjies (R269),
Royal Albert, beskikbaar by Waterford, Wedgewood, Royal Doulton. Ander items stilis
se eie. Stoel oorgetrek met Hertex Fabrics se Shocking, kleur Heather (R700 p.m).


FOTO 3: Gee dit mooi
As jy nog iets wil bygee, is ’n pragtige koppie, vars blomme of mooi toegedraaide
sjokolade onder die glasklok ’n ekstra bederf. ’n Sleuteltossel (R142,93,
Castellano-Beltrame) is ook ’n besonderse pasella. Of maak ’n kamma-koek soos ons s’n
van bloemiste-oase, lint en roosblare: Koop 2 sirkels oase by ’n blomhandelaar, week dit in
water,draai ’n breë lint om elkeen en strooi roosblare bo-oor. Rond af met ’n roosknop
heel bo. Jy kan ’n bietjie geurolie of vanieljegeursel oor die oase sprinkel om dit lekker
te laat ruik. Dit maak ook pragtige tafelversierings vir teetyd. Langwerpige glasklok (R220),
Lime Grove. Hoë koekstaander (R399),Plush Bazaar. Platter Maxwell & William-glasklok
(R159), Home etc. Glas-onderbord (R69), @home. Voorste keramiekblom (R14,69), Game.
Groter blom (R55), @home. Klein botterbakkie (R18,95), Home Comforts.
Ander items en lint stilis se eie.

FOTO 4: Hou als bymekaar
Jy hoef nie weer in laaie te grawe agter losgoed aan nie! Pak dit onder jou glasklokke
sodat jy dit maklik kan vind. Bo van links na regs: koekstaander op voetstuk (R399,
Wetherlys), botterbakkie (R45, Plush Bazaar), omgekeerde blompot (R59,99, Sheet Street),
groot glasklok (R250/Woolworths). Onder v.l.n.r.: botterbakkies (R45 elk, Plush Bazaar),
glaskoekstaander (R99,95, Home Comforts), glasklok (R159) en staander van geslypte glas
(R259, albei Home etc.), Fork & Spoon materiaal op seildoek (R270 p.m.) van Silk &
Cotton Co. Ander items stilis se eie.