chandelier_feda_01
Dekorstories

Kroonkandelare vir elke smaak

Dis egter nie nodig vir so ‘n reuse-kandelaar om ‘n fokuspunt in jou huis te skep of lig te verskaf nie. Eurolux het ‘n hele nuwe reeks kroonkandelare waaruit jy een kan kies wat jou hart begeer.

Wanneer jy wel jou kroonkandelaar kies, hou die volgende in gedagte:
kies een volgens jou huis se argitektoniese styl;
kies die regte grootte vir die oppervlak van die vertrek;
neem in ag hoeveel lig jy in ‘n vertrek gaan benodig;
en neem die gewig van die kroonkandelaar in aanmerking. As dit swaarder as 20 kg is, sal jy ekstra ysterware benodig om dit te hang.

Wenk:
As ‘n kroonkandelaar bo ‘n tafel hang, is 75 cm bo die tafel die ideale hoogte. Onthou, jy hang ‘n kandelaar in die middel van jou etenstafel en nie in die middel van die vertrek nie.

Kontak: Eurolux, Eben Kruger, 021 528 8400.