Dekorstories

Kuier buite – 5 wenke

Geniet die mooi winterdae deur op die stoep, in die tuin of in ’n park te kuier. Bederf Pa vir Vadersdag – pak ’n lekker piekniekmandjie en kombers en gaan skep vars lug.

1. Dek skemeraand op die stoep, steek olielampe aan en gee elkeen ’n lekker dik kniekombers.

FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

 

2. Rig jou stoep so in dat dit somer en winter gebruik kan word. Hierdie stofie van Earthfire (www.earthfire.co.za) maak die beskutte stoep vuurwarm. Begin dit sommer vroegdag stook.

FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

 

3. Pak vroegoggend ’n warmfles met koffie en beskuit en neem ’n warm kombers saam. Wikkel almal toe in die kombers en drink jul oggendkoffie in die tuin.

FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

 

4. Maak die lewe maklik, moenie voor die stoof staan en heeldag ’n Vadersdagete kook nie. Pak ’n lekker piekniekmandjie met warm sop en brood en gaan hou piekniek.

FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

 

5. Hou ’n verrassingsete vir Pa in die tuin en hang leidrade soos hierdie koffiebekers op om hom na die regte plek te lei.

FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Lees nou

Brei vir die manne

Speel met geel

5 dekor-idees vir mans