image005
Dekorstories

Kuns wat plak

Silhoeët-patrone soos kamees en vinielplakkers is nou hoogmode. Dis nou ‘n lekker idee vir mense wat hou van dinge wat vinnig kan verander. Dewaalart het ‘n hele reeks sulke vinielplakkers (van kandelare tot katte) wat op enige gladde oppervlak geplak kan word. Die mooi silhoeët-plakkers is lekker sterk en kan maklik afgetrek en weer geplak word. Volledige instruksies kom daarmee saam. Pryse wissel na gelang van grootte. Bestel by dewaalart@polka.co.za en om meer te sien, gaan loer by www.dewaalart.com