fireshot_capture_315_download_kylie_minogue_013_wallpaper_www_go4celebrity_com_kylie_minogue_013_1024x768_htm
Dekorstories

Kylie Minogue se ‘At home’-linnereeks nou in SA!

Nés Minogue is haar linnereeks dekadent, tydloos en glansend.

Met verleidelike name soos Casablanca Champagne, Brava Oyster en Carita Slate kan ‘n mens mos nie verkeerd koop nie. En die weelderige materiale soos glinster-organza, sy en taffeta is met blinkers, diamanté en borduurwerk versier om keurige slaapkamer-linne te skep.

Die Kylie at home-linnereeks is deur Minogue se kwistige, dekadente verhoog-kostuums, antieke stukke en van haar gunsteling-meubels wat sy op haar wêreldreise versamel, geïnspireer.

Haar linne-reeks is in die volgende lande te koop: Saudi-Arabië, Qatar, Bahrain, Kuwait, UAE, Cyprus, Suid-Ierland, Griekeland, Finland, Rusland, Suid-Afrika, Swede, Nieu-seeland en Kylie se geboorteland, Australië.

En haar elegante linnereeks doen blykbaar skitterend ten spyte van die ekonomiese wipplank.

Sy beplan om in September 2010 ‘n nuwe linnereeks uit te reik.

Brava Oyster Carita Slate
Casablanca Champagne