FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Dekorstories

FOTO’S: Huis met landelike sjarme (in jou November-SARIE)

Dié landelike gesinswoning nooi die natuur binne en is gestroop van fieterjasies, maar dit straal nostalgie en romantiek uit. Dié huis verskyn in ons November-uitgawe, en hier is nóg spog-foto’s.

Ons kuier op ’n yskoue dag by die Streicher-gesin van Stellenbosch. Maar gou is die koue vergete, want die tuin is lowergroen (jy ruik die lente), die huis is vol pragtige blomme en op die beskutte stoep wag ’n kaaskoek.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Dit voel of jy op ’n plaas kuier. Kompleet met ’n groot groentetuin en vrugteboord. Klip uit die omgewing is gebruik om die muur te bou en oral is spatsels rooi (soos hierdie deur) gebruik. Die huis is ontwerp deur Hein Visser van Visser Kapperer de Bruin Argitekte.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Dis die gesig wat jou begroet as die voordeur oopswaai. Waterblommetjies, wit irisse en vroeë lentetakke. (Blomme en glas koepels van Okasie en smal tafel van Koöperasie Stories, Simondium).

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Die agterdeur loop uit in ’n sg. mud room waar tuinstewels uitgeskop word en die fietse gebêre word. Hier is ook weer rooi bakstene gebruik met ’n klipvloer.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Omtrent al die deure loop uit op ’n stoep, binnehof of kuierhoekie. Jeandri (die huiseienaar saam met haar man, Hanré), het hierdie heerlike kaaskoek op die stoep wat uit die leefvertrek uitloop, bedien.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Die groot eiland was eers ’n laboratorium-kas in ’n skeinat klas. Hulle het ’n wasbak hierin laat installeer. Dit het sy by Piér Rabe raakgeloop. Die reuse koskas is pakplek vir al haar mooi ou breekgoed. Hierby het sy kontemporêre ligte gekies.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Die ou skoenleeste vertel ’n storie. Dit verteenwoordig elke gesinslid se skoengrootte. So ’n stille belofte dat hulle ’n pad met mekaar sal stap.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Jeandri en Hanré, deel die studeerkamer. Bo haar lessenaar is ’n foto van haar drie dogters, Luca (19), Chrissie (15) en Jo (13). Jeandri is ’n fotograaf wat haar besigheid van haar huis af bedryf.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Die gastekamer is in sagte kleure gemeubileer en die ou meubels het ’n laag nuwe verf gekry. ’n Lekker verrassing is die gehekelde kombers (Jeandri se handewerk) in helder kleure. Sien ons video hoe om die blommetjies te hekel.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Hier is als op sy plek. ’n Spesiale rak vir kookboeke, ’n lekker groot  swartbord waar lysies en onthougoed neergeskryf word.

Die hoofslaapkamer se badkamer is in rustige wit, met ’n diep, luukse bad en ’n tweelingstort.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

In die aantrekkamer is hierdie fraai biblioteekkas wat Jeandri in ’n interessante, sagte pers geverf het. Hier bêre sy al haar los goed en bykomstighede.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Die sitkamer kyk uit op die grasgroen grasperk met die vrugteboord in die agtergrond. Jeandri het ook hierdie mooi foto’s bo die twee grys tafeltjies geneem. Die koffietafel van staal en hout is van Weylandts.

FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Die asemrowende, mooi skildery van Johan Slee hang in Jeandri se sitkamer.

Kontak Jeandri en haar J3 Fotografie-besigheid by 083 626 8492.