life_unplugged_01
Dekorstories

Interessante dekor

Van ‘n blou geverfde skoolbankie tot ‘n silwerwaterbeker met ‘n vetplantjie en ‘n bank gestoffeer met afvallappies waarop jy ontwerper-kussings wat lyk soos rose kan staanmaak.

Soos hul webtuiste sê: Life Unplugged bied aan die nuuskierige kliënt ‘n ontsnaproete van die norm.

As jy in die omgewing is, gaan loer gerus in by 22B 4de Laan. Hulle doen ook binneversiering en stoffeerwerk. Die eienaar is Francois de Villiers.

Kontak hom by 011 023 7955 of info@lifeunplugged.co.za.

(Die kussing wat soos ‘n blom lyk, kos R492.)