2016_Sept Anno
Dekorstories

Lente is hier! Laai die kalender vir September af

Dis heerlike lente, die winter is verby! September bring blomme en sonskyn-weerDit beteken ook dis tyd om jou slimfoon & rekenaar se agtergrond te verander. 

SARIE het spesiaal vir September ’n paar lente-geïnspireerde kunswerke ontwerp, wat jy vir jou agtergrond kan gebruik.

2016_Sept Anno

As jy hierdie op jou slimfoon lees, klik op die prentjie wat jy graag as agtergrond wil hê. Jou slimfoon sal die opsie gee om die prentjie te stoor. Stoor die prentjie.

Laai af: 320 x 480 (vir gewone skerms) OF 960 x 640 (vir groter skerms)

Só verander jy die agtergrond op jou Android-slimfoon:

1) Op jou slimfoon, klik op die “menu”-opsie en kies of die “wallpaper”-opsie of gaan na jou galery.

2) Kry die prentjie wat jy wil gebruik en klik daarop.

3) Daar sal ‘n boks verskyn wat jou die opsie gaan gee of jy die hele prent of net ‘n gedeelte wil laat verskyn. Maak jou keuse.

4) Onder, links, kan jy die grootte van die prent goedkeur: wag vir ’n sekonde terwyl jou agtergrond verander.

5) Jy sal ’n erkenning ontvang dat jou agtergrond verander is. Gaan na jou tuisskerm en siedaar – jy het ’n nuwe SARIE-agtergrond!

Só verander jy die agtergrond op jou IOS-slimfoon (Apple):

1) Gaan na jou “settings”-opsie.

2) Soos jy met jou duim boontoe beweeg, sal ’n “wallpaper”-opsie verskyn. Klik op dié opsie.

3) Jou huidige tuisskerm en geslote skerm gaan wys. Bo die twee prente is ’n opsie “Choose a New Wallpaper”. Klik daarop.

4) Klik op jou “Camera Roll”-opsie. Soek jou prentjie, klik op die prentjie en “set” dit.

5) Jy het ’n keuse om dit óf jou tuisskerm óf geslote skerm te maak, óf albei. Siedaar – jy het ’n nuwe SARIE-agtergrond.

SARIE het ook spesiaal ’n agtergrond vir jou rekenaarskerm gemaak. 

Laai dit HIER af. 

2016_Sept Desktop

ALLE ONTWERPE: Maresa Pretorius

Gelukkige September!

Só lyk lente, nou wys jou Afrikaans op Afrikaans.com en jy kan tot R10 000 wen!

Afrikaans is kleurryk, Afrikaans het ritme, Afrikaans het seggenskap en Afrikaans het nut! Afrikaans is uniek en Afrikaans is universeel. Afrikaans is … oppibôl! Só skryf hulle op afrikaans.com – die splinternuwe platform vir enigiets en alles Afrikaans.

Wys hoe lyk jóú Afrikaans op afrikaans.com en jy kan tot R10 000 WEN!

Selfie 1667 × 833