sr0909woondingeweb3
Dekorstories

Lint, lint en nog lint

Dié piepklein winkeltjie bars uit sy nate met die lekkerste vondse – van ‘n pakkie naalde met ‘n Victoriaanse prentjie op tot meters en meters lint in byna enige kleur.

Het jy al gedink hoe veelsydig lint kan wees?

  • Stik dit op ‘n gordyn of handdoek vas
  • Versier ‘n kussing en beddegoed daarmee
  • Maak ‘n bewertjie (mobile) daarvan
  • Bind ‘n stukkie lint aan die sleutels van jou slaapkamers vas
  • Versier jou etenstafel daarmee – strik dit om jou servette
  • Hang skilderye daaraan op
  • Plak dit op ‘n lampskerm vas vir ‘n nuwe voorkoms
  • Versier kolwyntjies met ‘n piepklein strikkie
  • Speld ‘n stukkie kleurvolle lint op ‘n vaal uitrusting vas
  • Bind dit om ‘n bos blomme of geskenk – dit sê dan soveel meer
  • Bind dit in jou hare, om jou pols of nek
  • Ryg dun lint deur krale

Gee jou verbeelding vrye teuels! As jy hulle nie self kan besoek nie (Ebony & Ivory, Hoofweg 52, Dieprivier), besoek dan www.ebonyandivoryribbons.co.za vir posbestellings, of skakel 021 71329.